×
Skakel na Engels

Skoonheidswenk: Hoe om tatoes met grimering te verbloem

Jou geheim is veilig by ons 😉
tatoes

Of jy nog altyd een wou hê en of jy dit afstootlik vind, menige lyf spog vandag met ’n tatoe of twee. Bygesê, daar is steeds situasies en plekke waar dit gestigmatiseer word. (Soos ’n werksonderhoud vir ’n groot korporatiewe pos, dalk?)

Hetsy jy daardie impulsiewe tatoe berou en nie nou die geld het om dit weg te laser nie, en of jy by konserwatiewe familie gaan kuier en veroordelende kyke wil vermy – só kan jy ’n tatoe kamoefleer en sorg dat jou geheim veilig bly.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Lees: Dié tatoes help vroue wat borskanker oorwin het

Stap 1

Net soos met die aanwending van grimering, begin jy deur ’n goeie basislaag op die getatoeëerde area aan te wend. Dit sal voorkom dat die grimering smeer en die tatoe vir langer verbloem. Verder maak jou veloppervlak glad sodat die verbloemprodukte makliker aangewend kan word. En makliker is altyd beter!

Stap 2

As jy ’n donker vel het, kan jy hierdie stap waarskynlik oorslaan, maar diegene met ligte gelaat moet oplet. Wend ’n oranje roomoogskadu of roeskleurige verbloemer op die area aan. Dit sal help om die donkerder kleure van die tatoe-ink te versag. Gebruik ’n verbloemkwas om dit aan te wend en skakeer dit dan met jou vingers in.

Stap 3

Nou is dit tyd vir ’n deursigtige poeier. Tik ’n ruim hoeveelheid oor die verbloemde area aan om die verbloemer te laat set en te voorkom dat dit deur die loop van die dag of geleentheid smeer. Behalwe om dit te laat set, voorkom die poeier dat die area blink en elimineer dit enige klewerigheid wat moontlik steeds op jou vel is. 

Lees: Alles wat jy van permanente grimering moet weet

Stap 4

Indien jy nog iets van jou tatoe sien deurskyn, moet jy jou weer na jou verbloemer wend. Gebruik ’n skakering wat by jou velkleur pas en wend dit oor die hele tatoe aan. Nadat jy dit versigtig met ’n verbloemkwassie ingeskakeer het, behoort dit heeltemal onsigbaar te wees. 

Stap 5

Als is nou mooi gekamoefleer, maar om te sorg dat dit so bly, moet jy die finale afronding aanbring. Gebruik ’n grimeersetsproei en spuit dit liggies aan oor die area. Dit sal die kleur wat jy ingeskakeer het, inseël sodat jy dit nie later hoef op te knap nie. Verder bevogtig dit jou vel, en daarvan kan ons nooit genoeg kry nie.

Nou kan jy laat waai! En moenie vrees nie, jou geheim is veilig by ons!

FOTO: iStock/Rawpixel 

LEES OOK:

Wenke met verbloemer wat jy moet weet

 Hoe om ’n koorsblaar te verbloem

’n Setsproei vir jou grimering

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
4 lipkleure wat by enige veltoon sal pas

’n Móét vir jou grimeersakkie!

Close