×
Skakel na Engels

Skep só onfeilbare wagwoorde

Leer hier hoe jy veilige wagwoorde kan skep wat jy nie sal vergeet nie
onfeilbare wagwoorde

Begin hier

Kies ’n frase of sin met minstens 10 woorde (of ’n kombinasie van woorde en syfers) wat jy maklik sal onthou. Dalk kom dit uit jou gunstelingliedjie of -boek. Sê nou maar jy het die sin hier onder gekies:

My Dogter Het In 2006 Aan Tuks Studeer.”

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog. 

Volgende …

Verander die eerste letter van elke woord na ’n hoofletter: MDHI2006ATSVervang van die letters deur simbole of syfers. Die letter S kan byvoorbeeld $ word, en die kan @ word. Dan lees dit soos volg: MDHI2006@T$.

Laastens …

Maak een of twee van die hoofletters kleinletters waar jy dink dit die meeste sin sal maak. word in dié geval en I word i, en jou wagwoord is nou MDhi2006@T$Sodoende sal jou wagwoord boonop aan die meeste webwerwe se wagwoordvereistes voldoen. Nou het jy ’n wagwoord wat nie sommer gekraak sal word nie. Ter wille van veiligheid is dit egter beter om nie dieselfde wagwoord vir elke webwerf te gebruik nie. Daarom is die volgende ’n goeie idee …

Pas jou wagwoorde aan

Neem letters van elke webwerfadres en voeg dit by die wagwoord wat jy so pas geskep het. Jy kan die eerste twee en laaste twee letters van die webwerf se naam gebruik. Neem vir byvoorbeeld superbalist.com die eerste en laaste twee letters van die URL: SU en ST. Gebruik dit aan weerskante van jou wagwoord: SUMDhi2006@T$ST. Jy hoef basies net jou oorspronklike wagwoord te onthou, want dit vorm die basis vir al jou ander wagwoorde.

Doen dieselfde vir al jou webwerwe

Vir gmail.com gebruik jy GM en IL, voeg dit by jou oorspronklike wagwoord, en jy kry: GMMDhi2006@T$IL. En vir Facebook sal jy FAMDhi2006@T$OK as wagwoord hê, en só gaan jy aan. Nou het jy ’n wagwoord vir elke webwerf, én dis maklik om te onthou. Vir jou eie gemoedsrus, staan sommer nou 20 minute af om jou bestaande wagwoorde te verander. Steeds onseker of jy elkeen sal onthou? Lees verder.

Jou bystandsplan … net ingeval

Bêre jou lysie in die wolk

Hou ’n lysie van jou wagwoorde in ’n Microsoft Word-dokument of Excellêer byderhand en stoor dit op ’n gekodeerde Wolkgebaseerde program soos icloud.com of onedrive.com. Jy moet net jou aantekenbesonderhede vir dié bepaalde Wolkdiens onthou. Jy kan ook die lys uitdruk en op ’n geheime plek, weg van jou rekenaar, bêre.

Gebruik ’n wagwoord-app

Daar is apps beskikbaar waarop jy wagwoorde kan stoor, én apps wat vir jou wagwoorde skep. Wagwoorde word outomaties ingevul wanneer jy aanteken.

Versigtig!

Wees lugtig vir wagwoord-apps met vreemde toestemmingsvereistes. RoboForm, LastPass, DataVault en mSecure is almal veilige opsies.

FOTO: iStock/Warchi

LEES OOK:

Altyd aanlyn is nie altyd goed nie

Werk aanlyn terapie?

6 maklike maniere om jou privaatheid aanlyn te beskerm

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
8 wenke oor hoe om vir die Swart Vrydag-uitverkopings voor te berei

Is jy gereed vir Swart Vrydag?!

Close