×
Skakel na Engels

Sjokolade verminder die risiko op hartkwale

Dié lekkerny sal jou hart tjoklits laat klop!

Wetenskaplikes het onlangs bekend gemaak dat sjokolade die liggaam se vermoë verhoog om HDL of “goeie” cholesterol te vervaardig. Dié goeie nuus kon nie op ’n beter tyd kom nie. Nou kan ons na hartelus smul op Valentynsdag!

Volgens Midori Natsume, ’n Japannese voedselwetenskaplike, bewys navorsing dat kakao, die hoof-bestanddeel in sjokolade, die risiko op hartkwale kan verlaag. Kakao verhoog die HDL- of “goeie” cholesterolvlakke in jou liggaam en verlaag die LDL- of “slegte” cholesterolvlakke.

So, net soos daardie bokse vol sjokolade die harte vinniger laat klop, laat die chemikalie polifenol in sjokolade sekere proteïene vinniger werk en reageer, insluitend dié proteïene wat jou HDL-vlakke ’n hupstootjie gee.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Visolie in jou visier

Omega 3-visolie kan jou angsvlakke verlaag

Close