×
Skakel na Engels

Selfdoenprojek stap vir stap: Maak jou eie tafelversiering

Kikker jou partytjiedekor op met hierdie sjiek tafelversiering wat jy self kan maak!
Woodoc table centrepiece

 

Sukkel jy met idees oor hoe om jou etenstafel te versier? Maak ’n pragtige (en bekostigbare) houtversiering om jou aandpartytjies ekstraspesiaal te maak. Volg hierdie vinnige, maklike stap-vir-stap-video om jou eie tafelversiering te maak waarmee jy familie en vriende kan beïndruk. 

Wat jy nodig het:

  1. Vier stukke dennehout: twee stukke van 22 mm dik wat in 96 mm x 465 mm gesny is, en twee stukke van 22 mm dik wat in 96 mm x 212 mm gesny is
  2. Woodoc Colours Deep Blush (20 ml) om aan die buitekant van die boks se panele aan te wend
  3. Woodoc Colours Full Moon (20 ml) om aan die binnekant van die boks se panele aan te wend
  4. Woodoc Water-Borne FLOOR in Clear Matt (2 x 1-liter-houers)
  5. 100 grint- en 80 grint-skuurpapier
  6. Fyn skuurpapier (180 grint tot 250 grint)
  7. Droë lap of vadoek
  8. Houtgom
  9. Twee kwaste
  10. 6 mm x 50 mm-houtskroewe
  11. Koordlose boor met 6 mm houtboorpunt
  12. 5 Fruitree-glassapbottels
  13. 32 mm-sirkelsaagpunt
  14. Potlood
  15. Maatband

Stap-vir-stap-video: Hoe om jou eie tafelversiering te maak

12 maklike stappe om jou eie tafelversiering te maak

  1. Plaas die vier stukke hout plat neer.
  2. Meet en merk die plasing vir die gate deur met ’n merker in die middel van die boonste plank (een van die langer planke) te begin en meet dan elke 8,5 cm aan weerskante van die middel (twee merkers weerskante van die middel) vir vyf gate.
  3. Boor gate met die sirkelsaagpunt in die hout waar die vyf merkers aangedui is.
  4. Skuur al die stukke hout met 100 grint-skuurpapier om enige oneweredige dele in die hout te verwyder, en gebruik selfs 80 grint-skuurpapier waar nodig vir baie growwe dele, en werk dit dan glad af met die 100 grint-skuurpapier.
  5. Meng die 20 ml Woodoc Colours Full Moon in by een van die 1-liter-houers deursigtige seëlaar en gebruik die verfkwas om die eerste laag aan die buitekante van die boks se panele aan te wend. Laat dit heeltemal droog word. (Warmer toestande sal die droogtyd verkort.)
  6. Skuur liggies met fyn skuurpapier en vee enige stof met ’n droë lap of vadoek af.
  7. Wend die tweede en derde lae seëlaar aan; laat elke laag heeltemal droog word. Skuur liggies met fyn sandpapier ná die tweede laag.
  8. Meng die 20 ml Woodoc Colours Deep Blush by die ander 1-liter-houer deursigtige verseëlaar in.
  9. Wend die Deep Blush aan die binnekante van die houtstukke aan op dieselfde manier as die Full Moon.
  10. Skep ’n boksvorm deur die twee korter kante op die boonste en onderste stukke te plaas.
  11. Heg al die kante stewig aan mekaar met die houtskroewe deur eers ’n voorlopergat met die 6 mm-boorpunt te boor, dan houtgom aan die hoeke van die hout aan te wend en dan die hoeke met vier houtskroewe aan elke kant vas te draai.
  12. Plaas die bottels in die houtrak, versier die bottels met blomme en geniet jou pragtige handgemaakte selfdoenprojek.

Woodoc Water-Borne FLOOR is ’n geharde en duursame moderne verseëlaar wat maklik aanwend en vir alle binnenshuise houtvloere en houttrappe gebruik kan word. Die produk is water-, alkohol- en vlekbestand, en is beskikbaar in Clear/White en Matt/Gloss.

Woodoc Colours is geformuleer om by die Woodoc-verseëlaar van jou keuse gevoeg te word en maklike, beheerde aanwending te verseker. Woodoc Colours is in 12 byderwetse en agt houtskakerings beskikbaar, en kan op dennehoutmeubels, houtvloere, houtspeelgoed, houtpatiomeubels, garagedeure en hekke gebruik word.

Besoek www.woodoc.com vir nog inligting oor Woodoc-houtsorg- en -onderhoudsprodukte.

LEES OOK: 

Stap vir stap: Maak só ’n speseryrak vir jou kombuis

Stap vir stap: Hoe om uit kratte rakke vir jou kinders se speelgoed te maak

Hoe om ’n wynrak van herwonne hout te maak

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe om ’n wynrak van herwonne hout te maak

Nou het jy die volmaakte verskoning om ’n paar goeie wyne aan te skaf!

Close