×
Skakel na Engels

Sampioenbiltong

Is jy een van daardie vegetariërs wat biltong mis? Ons het net die oplossing.

 

 

O’ My Goodness, ’n onderneming van Plettenbergbaai wat onverwerkte kosse verkoop, het ons gewildste Suid-Afrikaanse peuselhappie herontwerp: biltong.

 

Sampioenbiltong het dieselfde ryk, geurige smaak en tekstuur as biltong, maar dit bevat geen dierprodukte nie. Jy kan dié southappie – wat in gewone en brandrissiegeur beskikbaar is – dus op dieselfde manier geniet.

 

Sampioenbiltong is ’n smullekker bron van minerale en B-vitamiene. Dis ook ryk aan antioksidante en bevat min kalorieë. Jy kan dus na hartelus (en sonder skuldgevoelens) daaraan smul!

 

Bestanddele:

Sampioene

Organiese appelasyn

Organiese tamari

Bragg- vloeibare amino’s

Koljandersaad

(Die Fiery Hot-geur bevat ook fyn brandrissies)

 

Prys:

Klein   (9 g): R18

Middelslag  (27 g): R50

Groot            (81g): R143

 

Wonder jy waar jy dit in die hande kan kry? Besoek www.omygoodness.co.za vir ’n lys voorraadhouers.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Waitrose kom in SA aan

Waitrose, die gewilde Britse handelsmerk wat goedere aan die koninklike huishouding verskaf, sal nou eksklusief by Food Lover’s Market en...

Close