×
Skakel na Engels

Sakpas gesinsetes vir die week voor betaaldag

Kos is op die tafel!

Maandag: Tuna-en-suikermielierolletjies

Maak hierdie vullende rolletjies vir ’n heerlike bros en geurige aandete wat almal in jou gesin sal geniet. Sit dit met ’n doopsous voor, en siedaar! Aandete is gereed. As daar ’n paar oorbly (wat onwaarskynlik is!), kan jy dit vir middagete die volgende dag inpak.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Dinsdag: Hartlike hoenderburgers

Jy sal beslis punte by jou kinders vir dié aandete kry! Jy kan aartappelskyfies uit ’n pakkie gebruik, of jou eie maak as jy tyd het. Wat jy ook al verkies, dié gereg sal gou ’n gesinsgunsteling word.

Woensdag: Visklontjies met sitrusmayonnaise

Hierdie sappige en bros vishappies is onweerstaanbaar lekker! En die sitrusmayonnaise is die perfekte doopsous daarby. Sit hierdie vingerete eet voor vir ’n informele en gesellige aand saam met jou gesin.

Donderdag: Mexikaanse beesvleisgebak

Neem jou gesin op ’n smaakreis na Mexiko met hierdie geurige gereg! Jy kan dit matiger maak vir sensitiewe eters, of gee dit ekstra byt vir daardie dapper brandrissie-liefhebbers.  

Vrydag: Romerige hoender-en-mieliesop

Heerlik. Heilsaam. Wat meer wil jy hê? Dié hoender-en-mieliesop is die ideale gesinsete en ’n slim manier om groente by jou kinders se dieet in te sluit. Sit dit met ’n paar snytjies brood voor. 

Saterdag: Borsjt-en-beesvleispasta

Hierdie gereg smaak net so lekker soos wat hy lyk! Die kleurryke beet is die perfekte pasmaat vir die vullende beesmaalvleis. 

Sondag: Maklike stokvisgebak

Geniet ’n heerlike Sondagmiddagete saam met jou gesin met hierdie maklike gereg. Dis lekker vars en gesond en ’n uitstekende keuse vir die einde van die week, veral omdat jy slegs ses bestanddele nodig het!

Heerlike nagereg: Pannekoeke met ’n piesang-en-karamelvulsel

Want wie hou nie van pannekoek nie?! Maak dit ekstra dekadent met die klassieke kombinasie van piesang en karamel. Om dit meer bekostigbaar en alkoholvry te maak, laat bloot die brandewyn uit.

Naweekgebak: Piesangbrood

’n Klassieke resep wat altyd ’n wenner is! Hierdie piesangbrood is die perfekte oplossing vir oorryp piesangs. Eet dit warm uit die oond en met ’n bietjie botter. Njam! Laat die botter effens smelt en smul dan aan ’n sny (of twee).

LEES OOK:

Eet dít om beter te slaap

8 kosse om jou energie te gee

Het jy ’n ongesonde verhouding met kos?

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
7 heerlike ontbyt-vir-aandete-resepte

Keer aandete op sy kop!

Close