×
Skakel na Engels

SA sjef Chantel Dartnall word as die beste vrouesjef in die wêreld aangewys

Jy maak ons so trots, Chantel!
Chantel Dartnall

Vanjaar se internasionale Best Chef-toekenningsgeleentheid is op 25 Oktober in Warsaw, Pole, aangebied en dis hier waar die Suid-Afrikaanse sjef Chantel Dartnall 17 ander sjefs in haar kategorie uitgestof het en met die louere as beste vrouesjef weggestap het.

Chantel het aan SA People vertel dat dit reeds vir haar ’n groot eer was om net as een van die 18 top-vrouesjefs in die wêreld benoem te word, wat nog te sê om dié kategorie te wen.

Hierdie internasionale kompetisie is in 2016 in Pole gestig met die doel om die wêreld se topsjefs in terme van kulinêre kunstigheid en visuele aanbieding te vereer. Daar word ses wenners in verskillende kategorieë aangewys en die kiesers bestaan uit 300 sjefs, kosskrywers en koskenners oor die wêreld heen, asook 1,5 miljoen volgers op dié kompetisie se digitale platform.

In ’n onderhoud met South African Country Life het Chantel gesê: “Wat ’n groot eer om as die beste vrouesjef van 2017 by die Best Chef-toekenningsgeleentheid in Warsaw aangewys te word. Dit was ’n ongelooflike ervaring. Ek wil al die wonderlike mense bedank wat gehelp het om my drome ’n werklikheid te maak. Ek wil ook dankie sê aan al die Mosaic-klante wat my al vir die 11 jaar wat Restaurant Mosaic aan die gang is, ondersteun.”

In 2015 is Chantel as Suid-Afrika se sjef van die jaar aangewys, en danksy haar nuutste prestasie is sy nou nommer 32 op die lys van 100 topsjefs in die wêreld – sy is boonop die enigste Suid-Afrikaner op dié lys. Sy het aan SA People genoem dat sy “ongelooflik trots gevoel het om Restaurant Mosaic, maar ook Suid-Afrika te verteenwoordig”.

Sy is nie net die enigste Suid-Afrikaner op die lys van 100 topsjefs nie, maar ook die vrou wat die hoogste posisie op hierdie lys behou. Daar is slegs twee ander vroue onder die top-50: Spanje se Elena Azark is 33ste en Frankryk se Anne-Sophie Pic is 47ste.

Chantel is die hoofsjef van Restaurant Mosaic in Elandsfontein, Pretoria, wat vir hul moderne fynproewerskos en Art Nouveau-dekor bekend is, en sy het geweldig hard gewerk om te kom waar sy vandag is. Chantel is in Michelin-driester-restaurante opgelei deur topsjefs soos Nico Ladenis of Chez Nico van 90 Park Lane in Londen en Michael Caines van Gidleigh Park in Devon.

Haar restaurant, Restaurant Mosaic, put inspirasie uit vars kosse en seisoenale produkte om emosionele koservaringe te skep. Die restaurant spog met ’n Belle-Époque-styl en het ’n intieme atmosfeer, met knus eethokkies en twee private eetkamers.

Kyk die video hier onder om uit te vind wat Chantel Dartnall motiveer en inspireer om wêreldgehalte-kos te skep:

FOTO: FB/The Best Chef Awards

LEES OOK:

3 plaaslike selebs laat Suid-Afrikaners se harte swel van trots

10 most-10 gewildste SA selebs op Instagram SA celebs on Instagram

Eet dít om beter te slaap

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Legendariese SA kunstenaar kry haar eie boulevard in New York

Esther Mahlangu hou SA se naam in New York hoog

Close