×
Skakel na Engels

SA se 10 trotsste oomblikke in 2017

Wat ’n warrelwind van ’n jaar! Hierdie hoogtepunte het ons hart van trots laat swel!
trotsste oomblikke

Suid-Afrika is ’n land vol wonderlike mense en die afgelope jaar het ’n paar van hulle ons ekstra trots op ons land laat voel. 2017 was nie ’n maklike jaar nie, maar daar was ’n rits hoogtepunte wat ons as ’n nasie verenig het. Hier is die 10 trotsste oomblikke van die afgelope jaar wat ons laat lag, laat huil en ons harte van trots laat swel het:

10. Ans Botha is as die afrigter van die jaar aangewys

Ons is so trots op ons gunstelingafrigter, Ans Botha, wat met die gesogte titel van afrigter van die jaar deur die IAAF (Internasionale Assosiasie van Atletiekfederasies) bekroon is. Vir diegene wat nie weet nie, Ans Botha rig ons Olimpiese kampioen Wayde van Niekerk af … en sy is 75 jaar “jonk”!

9. Trouklokke het vir Wayde van Niekerk gelui

Gepraat van Wayde van Niekerk – ons Olimpiese atleet het in Oktober ewige trou aan sy meisie, Chesney Campbell, beloof. Die foto’s het ons asem weggeslaan – en daai rok! Ons wens hulle ’n lang en gelukkige huwelik toe.

8. Esther Mahlangu is met ’n straatskildery in New York vereer

Die legendariese Suid-Afrikaanse kontemporêre kunstenaar Esther Mahlangu is met ’n indrukwekkende straatkunswerk in Tribeca, New York, vereer. Die muurskilder Imani Shanklin Roberts het die kunswerk op Mahlangu se bekende Ndebele-simboolwerke gegrond, en sê die kunswerk straal ’n “vroulike energie” uit.

7. Kevin Anderson het die eindstryd van die 2017 Amerikaanse Ope gehaal

Die Suid-Afrikaanse tennisspeler Kevin Anderson het die eerste Suid-Afrikaner sedert 1965 geword wat die eindstryd van dié tennistoernooi gehaal het! Hy het teen die huidige nommereenspeler in die wêreld, Rafael Nadal, gespeel wat die kampioenskap in drie stelle gewen het. Ons is nogtans geweldig trots op Kevin!

6. Caster Semenya het twee medaljes in die 2017 IAAF-wêreldkampioenskap verower

Caster het Suid-Afrikaners se harte van trots laat swel toe sy ’n goue medalje vir die 800 m en ’n brons medalje vir die 1 500 m-wedloop behaal het. Ander wenners was Luvo Manyonga (goud vir verspring); Wayde van Niekerk (goud vir die 400 m en silwer vir die 200 m) en Ruswahl Samaai (brons vir verspring). Ons is bevoorreg om sulke puik atlete te hê!

5. Chris Bertish het ’n wêreldrekord met sy transatlantiese vaart op ’n staanroeibord opgestel

Chris Bertish, ’n inspirerende spreker en Guinness-wêreldrekordhouer, het die eerste persoon geword wat 93 dae op die see deurgebring het om die Atlantiese Oseaan op ’n staanroeibord (SUP of stand-up paddle board) oor te steek toe hy sy solovaart vroeër vanjaar voltooi het. Sodoende het hy miljoene rande vir verskeie liefdadigheidsorganisasies oor Afrika heen ingesamel.

 

We are so stoked for @chrisbertish – who completed his solo transatlantic SUP crossing yesterday. He became the first person to spend 93 days at sea to cross the Atlantic Ocean on a stand-up paddle board – and raised millions of rands for multiple charities across Africa. We are SO inspired by this feat and very proud of Bertish, who said upon landing in Antigua: “People talk about the challenges in life and how you get through it. You just break everything down, by the minute, by the hour…you just have to believe in yourself.” 📸Photo: Jason Pickering/SUP Magazine @sup_magazine #chrisbertish #SUP #paddleboard #oceancrossing #charity #challenge #victory #theSUPCrossing #goodhousekeeping #magazine #southafrica #gh #goodhousekeepingsa

A post shared by Good Housekeeping Magazine SA (@goodhousekeepingsa) on

4. Trevor Noah het die prys vir beste aanbieder by die MTV Movie & TV Awards ontvang

Die komediant en aanbieder van The Daily Show with Trevor Noah het sy land en mense trots gemaak toe hy hierdie gesogte prys ontvang het. Wel gedaan, Trevor!

3. Chantel Dartnall is as die beste vrouesjef in die wêreld aangewys

Die internasionale toekenningsgeleentheid vir die wêreld se beste sjefs het vanjaar in Pole plaasgevind. Die Suid-Afrikaanse sjef Chantel Dartnall het 17 ander sjefs uitgestof en met die prys vir die beste vrouesjef in die wêreld weggestap.

2. Siba Mtongana het met twee toekennings by die 2017 Gourmand World Cookbook Awards weggestap

Die selebsjef Siba Mtongana het twee toekennings by die Gourmand World Cookbook Awards opgeraap wat vanjaar in China plaasgevind het. Sy het die prys in die vrouekategorie vir die beste internasionale kosprogram gewen, asook die spesiale toekenning vir landserkenning vir Suid-Afrika, wat maak dat Siba met die titel van “beste in die wêreld” mag spog.

 

1. Demi-Leigh Nel-Peters is as Mej. Heelal gekroon

Nog ’n hoogtepunt in 2017 was toe Mej. Suid-Afrika, Demi-Leigh Nel-Peters, as Mej. Heelal aangewys is. Die kompetisie was straf, maar Demi-Leigh het met ’n glimlag en ’n wuif met die louere weggestap, en Suid-Afrikaners oor die wêreld heen trots gemaak.

FOTO: iStock/michaeljung

LEES OOK:

SA sjef Chantel Dartnall word as die beste vrouesjef in die wêreld aangewys

10 gewildste SA selebs op Instagram

Google’s top 10 ‘how to’ questions of 2017

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
10 goed wat jy oor die siekte listeriose moet weet

Wees versigtig vir hierdie bakteriële siekte wat uitgebreek het

Close