×
Skakel na Engels

Ruk jou huis reg voor Kersfees: 1 week oor

Vinnige wenke vir ’n agtermekaar tuiskantoor
Ruk jou huis reg

1 week oor: tuiskantoor

Vir baie van ons is dit eindelik tyd om die jaar en ons werklewe te begin afsluit. As jy een van die gelukkiges is wat nou ’n blaaskans kan vat, is dit ’n goeie idee om jou tuiskantoor te orden en goed skoon te maak sodat jy die nuwe jaar in ’n georganiseerde ruimte kan begin. 

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

My skoonmaakreël: “Liasseer en sorteer papierwerk gereeld”

Keer dat jy een keer ’n jaar ’n berg papiere en rekeninge moet uitsorteer – doen dit liefs  een keer ’n week of een keer ’n maand. Die einde van die jaar is boonop ’n goeie tyd om jou papierwerk agtermekaar te kry sodat jy die nuwe jaar vars kan begin.

Operasie skoonmaak:Maak jou toetsbord skoon

1. Een item in jou tuiskantoor wat báie kieme huisves, is jou rekenaar se toetsbord. Maak dit dus behoorlik skoon.

2. Ontkoppel jou toetsbord. Spuit ’n skermreiniger op ’n mikrovesellap of nog beter, gebruik klam skermlappies om die toetsbord skoon te maak.

3. Gebruik ’n sagte, droë tandeborsel om enige droë deeltjies en krummels wat jy kan bykom uit die toetsbord te verwyder.

4. Gebruik ’n kannetjie saamgeperste lug teen ’n hoek van 75 ° en spuit van links na regs tussen die toetse. Draai dan die toetsbord om en tik dit liggies om enige los stof en krummels te verwyder. Vee laastens die toetsbord met ’n ontsmettingslappie af.

40 minute vir ’n leë inboks

Ja, jy kan dt doen! Takel hierdie minder-lekker taak en skep ’n ordelike ruimte sodat jy in die nuwe jaar meer produktief kan wees:

20-MINUTE-TAAK: Selekteer boodskappe volgens sender sodat jy ’n klomp op een slag kan uitwis. Merk nou boodskappe wat nog jou aandag vereis en liasseer dit in ’n weeklikse lêer. Só kan jy weeklikse lêers uitwis wanneer dit alles afgehandel is.

10-MINUTE-TAAK: Skep kategorieë en lêers vir jou e-pos en gebruik die “rules”-funksie sodat inkomende boodskappe outomaties in die regte lêers geliasseer word.

10-MINUTE-TAAK: Kanselleer jou intekening op nuusbriewe wat jy nooit lees nie en merk gemorspos sodat dit geblokkeer word. Maak jou gemorslêer leeg. Stuur belangrike e-posse na ’n Gmail-rekening sodat jy ’n ekstra kopie daarvan het. WENK: Volg sakeleiers se voorbeeld: Gebruik jou inboks as doenlysie en probeer om nie meer as 20 items op ’n keer daarin te hê nie.

Kantoorkopies

Hou hierdie proukte sommer heeljaar byderhand:

1. Vermy vetterige vingermerke met Fellowes Screen Cleaning Wipes. R89, Makro

2. Handy Andy Actifizz Multipurpose maak kantooroppervlakke mooi skoon. R38,95, Clicks

3. Falcon Dust-Off is perfek om stof uit jou toetsbord te blaas. En dit hou lank! R485 vir ’n jubo-grootte, Orms Direct

My praktiese reël: “Maak jou lessenaar ná elke werkdag netjies”

’n Netjiese kantoor help om jou gedagtes en dus jou dag te orden.

Operasie opruim: Orden jou werkoppervlak

1. Ondanks voornemens om net in die digitale wêreld te leef is ’n fisieke inmandjie ’n goeie manier om van dringende take tred te hou, veral dié wat die invul en skandering van  vorms verg, asook rekeninge wat betaal moet word. Die geheim is om als in dié mandjie so gou moontlik af te handel.

2. Moenie vol draadwerk wees nie! Raak ontslae van onnodige herlaaikabels deur dit na die naaste herwinningsfasiliteit te neem.

3. Verminder jou skryfbehoeftes tot net die nodigste en bêre die res netjies in ’n laai of boks.

15 minute vir ’n ergonomiese werkstasie

5-MINUTE-TAAK: Stel jou kantoorstoel dat dit op die regte hoogte is. (Jou voete moet plat op die vloer wees en jou knieë in lyn met of net laer as jou heupe.) Doen nou dieselfde met jou rekenaar. Die skerm moet net laer as oogvlak wees en nie nader as 50 cm nie. Die punt van jou middelvinger moet aan jou skerm kan raak.

5-MINUTE-TAAK: Merk al jou lêers vir maklike toegang en werk-vloei. Doen dit met die fisieke lêers op jou lessenaar, asook lêers op jou rekenaar en dié in ’n liasseerstelsel op die Wolk.

5-MINUTE-TAAK: Maak jou lessenaar netjies sodat jou inmandjie, werklêers en skryfbehoeftes binne reikafstand is. Jou rekenaarmuis moet só geplaas word dat jou elmboog langs jou sy en jou arms teen ’n hoek van 90 ° of kleiner is.

Stylvolle stoorplek

1. Hou noodsaaklike lêers en tydskrifte netjies bymekaar. Cork magazine holder R389, @home

2. Gebruik hierdie knippe om belangrike dokumente bymekaar te hou. R160 vir drie, Woolworths

FOTO: iStock/izusek

LEES OOK:

Moet jy kantoordrag aantrek as jy van die huis af werk?

3 stappe om jou tuiskantoor te organiseer

Eenvoudig maniere om jou papierwerk te orden 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Moet-hê-grimeergeskenke vir die vroue in jou lewe

Ons sou nie omgee vir só iets onder ons Kersboom nie ...

Close