×
Skakel na Engels

Resepidees vir wanneer onverwagse gaste opdaag

Vir wanneer jy op die nippertjie hoor dat kuiermense op pad is
resepidees

Dit het seker al in elke huishouding gebeur: Jou maat lui af en kondig aan dat hy op die nippertjie mense vir aandete genooi het. Ontspan – laat hierdie vinnige en eenvoudige geregte tot jou redding kom!

Of jy jou gaste nou op ’n driegangmaaltyd wil trakteer en of jy iets ligs in gedagte het, hierdie resepidees is net wat jy nodig het: 

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Voorgeregte:

Hierdie geroosterde crostini’s met tamatie en ricotta is ideaal vir ’n vinnige, heerlike aanloop tot jou ete. Dit is nie net maklik om te maak nie, maar die verruklike kleurvolle tamaties is ’n lus vir die oog.

Hierdie stokbrode is ideaal vir by ’n braai. Dit kan vooraf berei word of jou gaste kan inspring en hul eie maak. Hoe dit ook al sy, dit is ’n wonderlike manier om ’n aand saam met vriende af te skop. 

Beet-carpaccio met bokmelkkaas-en-neutballetjies

Vir iets deftigers kan jy hierdie beet-carpaccio met bokmelkkaas-en-neutballetjies as ’n vars en kleurryke voorgereg bedien. Die neut-en-kaas-kombinasie vorm ’n heerlike kontras met die pikante beet.

Hoofgeregte:

Inkorporeer iets van die see met hierdie heerlike bros viskoekies. Moenie die vinaigrette uitlaat nie, want dit gee daardie iets ekstra aan dié gereg. As jy nie tyd het om al die viskoekies te braai nie, kan jy dit in die oond bak, maar dan sal dit nie so bros wees nie. Bedien jou viskoekies saam met ’n groot bak skyfies of aartappelwiggies.

Jy kan nie ’n fout maak met ’n klassieke gereg soos spaghetti bolognese nie! Jou gaste sal deur die bekende geure gekoester word, en maak maar genoeg, want daar sal beslis vir tweede porsies gevra word.

Wees ’n bietjie waaghalsig en bederf jou gaste met hierdie smullekker Thaise hoender-en-blaarslaai-wraps. Dit is propvol opwindende geure en teksture en jy kan jou gaste betrek deur ’n wrap-stasie voor te berei waar almal hul eie wraps na smaak kan maak. 

Nageregte:

Met sy vier bestanddele is hierdie framboos-panna cotta super-eenvoudig en vinnig om te maak! Ons beveel aan dat jy dié nagereg voor die res van die ete voorberei, want die panna cotta het tyd nodig om te set. 

Pannekoeke met ’n piesang-en-karamelvulsel

Ons het nog nie iemand teëgekom wat nié van hierdie kombinasie van pannekoek, karamel en piesangs hou nie. Hierdie resep sal enige suikertand bevredig en maak die resep maar dubbel aan, want een porsie per gas gaan nie genoeg wees nie! 

Hierdie melbaperske-sundae is verfrissend en verleidelik mooi. Die laagtegniek is heel eenvoudig, maar effektief, en die koekies is ’n keurige afronding. 

FOTO: iStock/svetikd

LEES OOK:

Onthaal dié somer sonder stres

Beïndruk jou kuiergaste met hierdie ontbytfees!

Eet dít vir minder stres

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Koop vandag jou spesiale GH-resepuitgawe!

Trippelgetoetste geregte vir enige geleentheid! Die nuwe uitgawe van Goeie Huishouding is nou beskikbaar!

Close