×
Skakel na Engels

Resep vir heerlike gestoomde stokvis – net reg vir die lente!

Sit hierdie geurige gestoomde-vispakkies op die spyskaart vir jou volgende aandgeselligheid
Oriental-Hake

Danksy hul groot reeks gerieflike en veelsydige visprodukte is Sea Harvest ’n gunsteling in huishoudings oor die land heen. Ma’s is dol oor Sea Harvest se waarde vir geld en gehalte, sonder om voedingswaarde in te boet wat so belangrik is om hul gesinne te voed – en hul gesinne kla ook nie!

Sea Harvest Hake Medallions is hoog aan omega 3 en proteïen en laag aan vet, en perfek vir besige ma’s. Hierdie vellose Kaapse stokvis word wild gevang en is heerlik op sy eie of wanneer dit gebruik word om tuisgemaakte visvingers te maak, of gemeng met kapokaartappels vir kieskeurige eters … en soveel meer! Gebruik Sea Harvest Hake Medallions in hierdie heerlike resep vir Oosterse gestoomde-vispakkies:

Oosterse gestoomde-stokvispakkies

Stokvis wat in ’n sakkie gestoom word met groen groente in ’n soja-en-sesamsous.

Genoeg vir: 4

Bereidingstyd: 15 tot 20 minute

Bestanddele

400 g groenboontjies
200 g babaspinasie
’n paar blare groen babakool
450 g Sea Harvest Hake Medallions
enige gaar Asiatiese noedels, om saam met die gereg voor te sit
koljander, vir garnering

Meng die volgende bestanddele vir die sous:

1 k sojasous
2 e sesamsaad
2 t gerookte rissievlokkies
2 e grasuie, fyngekerf
2 t sesamolie
1 e heuning

Metode

  1. Maak die sakkies: Sny 20 cm x 20 cm-stukke foelie en bakpapier per visporsie.
  2. Plaas die foelie met die blink kant boontoe en bedek dit dan met bakpapier.
  3. Plaas die groenboontjies, babaspinasie en koolblare in die middel van die vel bakpapier.
  4. Plaas een porsie stokvis in elke pakkie.
  5. Vou die kante van elke pakkie liggies boontoe, maar hou dit bo oop.
  6. Giet die sous stadig oor die vis en groente en seël die pakkies dig.
  7. Plaas die pakkies in ’n voorverhitte oond en bak dit by 200 °C vir 15 tot 20 minute of totdat die stokvis gaar is.
  8. Sit voor met noedels en vars koljander.

Hake_Medallions_1

Besoek www.seaharvest.co.za vir nog inligting oor Sea Harvest-produkte en nog heerlike visresepte of hul YouTube-kanaal by www.youtube.com/SeaHarvestSA.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
’n Geurige viskerrie wat die hele gesin sal geniet

Hierdie heerlike, geurige kerrie is vir enige geleentheid geskik

Close