×
Skakel na Engels

Regte troue: Megan en Brent se rustieksjiek sprokiestroue

Troues gaan oor liefde, familie en feesviering, en Megan en Brent Vencencie se spogtroue het aan al dié vereistes voldoen!
Megan & Brent

Megan en Brent het die eerste dag van die res van hul lewe saam by die prentjiemooi en romantiese Het Vlock Casteel in Riebeek-Kasteel gevier – dié venue was die ideale plek vir wat Megan as ’n “sprokiesverhaal” beskryf.

Die pragtige paartjie het 11 jaar uitgegaan voordat hulle mekaar die jawoord gegee het, en hulle het baie ure aan die beplanning van hul groot dag bestee. Toe die dag eindelik aanbreek, was dit selfs beter as wat hulle beplan het! Dit was ’n viering van die liefde, familie en vriende.

Megan & Brent

Megan & Brent

Megan en Brent het op 14 Desember 2014 verloof geraak. Megan het gedink sy is op pad na ’n fotosessie in Kirstenbosch saam met haar beste vriendinne, maar min het sy geweet wat Brent vir haar beplan het. Megan en haar vriendinne was op pad na die fotosessie toe sy “toevallig” ’n ou vriendin van Johannesburg raakgeloop het. Haar vriendin het daarop aangedring dat Megan saam met haar stap om haar man te ontmoet. Megan het ingestem en hulle het in die paadjie begin afstap na ’n groot grasperk onder. Dis toe Megan haar vriende en familie gewaar waar hulle groot letters vashou wat “Megs, sal jy met my trou?” uitspel!

Megan & Brent

“Ondanks al die mense wat vir die verlowing opgedaag het, kon ek net vir Brent sien waar hy met ’n roos en ’n ring oor die gras aangestap gekom het. Hy het op sy knie neergesak en my gevra om met hom te trou. Ek kon dit net-net regkry om deur die trane ja te sê, en ons het die res van die dag saam met ons vriende en familie piekniek gehou en die verlowing gevier,” vertel Megan opgewonde van daardie spesiale dag.

Dis g’n wonder dat Megan en Brent ’n kompetisie vir die beste verlowing gewen het nie!

Megan & Brent

Megan & Brent

Megan en Brent het probeer om so veel as moontlik van hul ouers se troues te inkorporeer, aangesien erfenis vir hulle baie belangrik is. Toe die seremonie begin, het die strooimeisies ingestap op ’n liedjie wat op Megan se ouers se troudag gespeel het. Megan het haar ma se trourok gedra en Brent het ’n grys troupak gekies wat byna presies lyk soos die een wat sy pa op sý troue gedra het. Die bruidegom het ook ’n borsspeld gedra wat aan sy oorlede oupa behoort het.

“Ons is trots op ons erfenis en dis vir ons albei belangrik, maar ons het ook ons troue beplan volgens wat ons geniet, wat vir ons spesiale herinneringe inhou en beslis die positiewe aspekte wat ons in ons eie huwelik wil voortsit namate ons ons gesin uitbrei,” sê Megan van die beplanning van hul groot dag.

Megan & Brent

Megan & Brent

Die feit dat Megan haar trourok gedra het, het die dag ekstraspesiaal vir die ma van die bruid gemaak. Dit, en om haar man en nuwe skoonseun se gesigte te sien toe hulle Megan vir die eerste keer in dié rok sien!  

Megan & Brent

Megan & Brent

Die paartjie wou ’n landeliksjiek feesviering hê en het die prentjiemooi dorpie Riebeek-Kasteel vir hul groot dag gekies. Die kroonkandelare en hoë plafonne het die elegante vintage-gevoel verleen wat die paartjie wou hê. Die kasteel met sy onbelemmerde uitsig op die wingerde en berge was die perfekte venue vir hul sprokiesdag.

 

Megan & Brent

Megan & Brent

Megan & Brent

Megan & Brent

Vir die dekor wou die bruid sagte, subtiele kleure hê en ’n rustieke vintage-voorkoms met ’n tikkie elegansie. Die beligting was romanties met baie kerse, en “naked”-gloeilampe en feesliggies wat by Goeters in Wellington gehuur is.

Megan & Brent

Megan & Brent

Megan & Brent

“Ek het elke oomblik van ons troue geniet, maar as ek ’n hoogtepunt moet kies, sou dit ons eerste dans wees. Ek en Brent was albei senuagtig oor dié dans, maar toe die tyd aanbreek, het ons onsself gate uit geniet! Dit het die stemming vir die res van die aand se vieringe geskep. Toe al die formaliteite eers verby was, kon ons die aand omdans!”

Megan & Brent

Megan & Brent

Megan & Brent

Megan se dekoradvies aan toekomstige bruide:

1. Begin met ’n temabord met ’n algehele gevoel vir die dag. Dit sal jou help om ’n sentrale fokuspunt te hê waarop jy kan uitbrei namate jy op spesifieke detail besluit.

2. Baie subtiele beligting soos ’n klomp “naked”-gloeilampe lyk fantasties en skep ’n lieflike atmosfeer.

3. Minder is meer. Altyd!

4. Hou jou venue in gedagte en laat dit jou in besluite lei oor wat die beste vir dié ruimte sal werk.

5. En Megan se belangrikste stukkie raad: Die dag moet julle as paartjie vier en verteenwoordig. Kies dus die dekor waarvan julle die meeste hou, nie die nuutste neiging of wat ander voorstel nie.

Brent & Megan Wedding (Riebeek Kasteel) deur Ivy & Gold Productions op Vimeo.

Venue: Het Vlock Casteel, Riebeek-Kasteel

Fotograaf: Moira West Photography

Troudekor, blomme en skryfbehoeftesPolkadot Weddings & Design

Video: Ivy & Gold Productions

Trourokverstellings: Paul de Morney

Strooimeisierokke: YDE

Bruidegom se pak: Eurosuit

Bruid se skoene: Anella Wedding Shoes

Hare en grimering: Jenro Beauty

Troukoek: Bertram du Plooy

Spyseniering: HeartWorx

Musiek: Grant Lesch

Klank vir seremonie en welkomdrankies: Greg Clifton

LEES OOK:

REGTE TROUE: Almarette & Rigardt se sprokiesmooi troue in die woud

Liefdesverhaal: Marelize en Matt se perfekte Skotse wintertroue

Vasvra: Watter trourokstyl pas by jou persoonlikheid?

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Regte troue: Marelize en Matt se perfekte Skotse wintertroue

’n Ware feeverhaal met doedelsakke, tartan en vintage-detail

Close