×
Skakel na Engels

Regte troue: Almarette & Rigardt se sprokiesmooi troue in die woud

Om deur al jou geliefdes omring te wees maak jou groot dag soveel kosbaarder, maar die prentjiemooi ligging van dié woudtroue het dit ekstraspesiaal gemaak!
real wedding

Almarette en Rigardt Visser het ’n absoluut bekoorlike troue by Die Woud naby Caledon op ’n lieflike lentedag in 2016 gehad.

Almarette wou hê hul troudag moes een groot feesviering saam met vriende en familie wees, en dis presies wat hulle gehad het. “Dit was een van die beste dae van ons lewe,” het sy van hul groot dag gesê. 

Die paartjie het mekaar agt jaar gelede deur gemeenskaplike vriende tydens ’n naweek in Kleinbaai ontmoet, en die res, soos hulle sê, is geskiedenis. 

“Ek is glad nie ’n romantiese mens nie, en Rigardt weet dit baie goed,” sê Almarette wanneer sy oor hul verlowing begin praat. Almarette sê Rigardt het haar goed genoeg geken om te weet dat hy nie ’n groot bohaai in die openbaar moet maak wanneer hy haar vra om te trou nie.

 

“Ons het een middag ná werk verloof geraak. Rigardt het by my kom kuier en ek was op pad gim toe toe hy die groot vraag gevra het. Dit was perfek.”

Almarette het geweet daar is iets besonders aan Die Woud van die eerste oomblik dat sy dit gesien het. Die ligging was perfek aangesien dié Overberg-venue slegs 113 km van Kaapstad af is. Dit sou die plek wees waar sy en Rigardt hul nuwe avontuur saam sou begin …  

Die bruid het asemrowend gelyk in ’n sjiek langmou-skepping deur Charlotte Francina Designs. Sy het glad nie ’n spesifieke prentjie in haar kop gehad voordat sy die rok laat maak het nie, maar Charlotte het geweet waarvan sy hou en nie hou nie. En die eindresultaat het haar persoonlikheid perfek gepas.

“Ek is dol oor die kleure vlootblou en goud. Dit was dus nie moeilik om op die kleurskema vir die venuedekor te besluit nie,” sê Almarette. 

Die enigste dekorvereiste wat dié bruid gehad het, was dat daar baie kerse op die tafels moes wees. Die res van die dekorbesluite het sy aan Mabel Steenkamp, ’n blomme-, dekor- en geleentheidstilis van Die Gieter, oorgelaat. En sjoe! Die dekor en troue was soos iets uit ’n troutydskrif!

FOTO’S: Aglow Photography

Venue: Die Woud Weddings & Functions

Fotograaf: Aglow Photography

Assistentfotograaf op die dag: Angelique Smith 

Trou-koördineerder: Lizelle van Penny For You

Skryfbehoeftes: Maché Hopkins

Blomme: Mabel Steenkamp van Die Gieter

Video: KovacevicBosch

Bruid se hare en grimering: Anne-Mart Hair & Makeup

Strooimeisies se grimering: Jonetha Beauty and Make-up

Troukoek: Krummels Sugar Art

Spyseniering: Di Doms van Plum Kitchen

Platejoggie: DJ PG Sounds

Bruidegom se pak: Tommy Hilfiger

Trourok: Charlotte Francina Designs

Bruid en haar gevolg het aangetrek by: Wildekrans Wine Estate

Musiekvermaak: Aston Music

 

LEES OOK:

5 skoonheidsbehandelings wat jy voor jou troudag moet vermy 

Hoe om die volmaakte venue vir ’n troue of partytjie te kry 

Die gewildste trourok ter wêreld op Pinterest 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Lees dít voordat jy vir jou kind hierdie “speelding” koop

Dink voordat jy koop ...

Close