×
Skakel na Engels

Redakteursbrief Desember 2013

Bon Appétit!

Dis maklik om te sien hoe ons voorbladster en MasterChef South Africa-beoordelaar, Benny Masekwameng, dit reggekry het om leunstoelkokke oor die land heen se hart te wen.

Ons het ’n paar dae lank hartlike gesinsfoto’s van hulle geneem, aan Benny se Kerskos gesmul en oor glase vrugtepons gelag en gesels. Lees Benny en Purity se inspirerende verhaal op bladsy 100 en gebruik Benny se maklike, smaaklike resepte om jou Kersmaal te beplan.

So van Kersfees gepraat, ons het ’n fantastiese geskenk vir jou in dié uitgawe. Pleks van ’n geskenkgids met idees vir wat jy vir ánder mense kan gee, het ons 101 geskenkidees waarvan jý elke liewe een kan wen! Dié allemintige R106 000 se fees-bederwe is ’n groot dankie aan ons lesers van die GH-span af.

En omdat ons wil verseker dié Kersfees is werklik jou beste en maklikste tot nog toe, sal jy hope kortpaaie, wenke en vernuftige idees in tipiese GH-styl deur die hele uitgawe vind. Daar’s vinnige, maklike en bekostigbare geskenke wat jy kan maak, oulike idees vir geskenke toedraai en verpak en prettige dekoridees waarmee jy jou eie stempel op jou feesvieringe kan afdruk.

Geniet dit! Ons sien jou volgende jaar.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
In die Desember-uitgawe

Sommige van die opwindende artikels wat jy in ons nuutste uitgawe kan lees!

Close