×
Skakel na Engels

Raak op die maklike manier fiks

Ons wys jou hoe om daardie verskonings te los, op te hou uitstel en te begin beweeg

Die res van jou liggaam gaan die prys betaal as jy die grootste deel van die dag op jou sitvlak deurbring. Amerikaners sit gemiddeld vir agt en ’n half uur per dag, het navorsers bevind nadat sowat 5 000 volwassenes vir ’n week lank volgstelle wat hul beweging gemonitor het, moes dra.Terwyl langer, aktiewe onderbrekings sekerlik die beste is, sal selfs kort opstaantye help.

 

Dr. Pamela Peeke, skrywer van Body For Life For Women (Rodale International Ltd) sê: ‘Dink aan aktief-wees as ’n spaarvarkie. Tien minute hier, vyf minute daar om die doelwit van 30 minute per dag te bereik.’ Frisbee-gooi in die tuin of ’n stappie van vyf minute van die kantoor na jou motor sal werk. Tien minute se stap ná elke ete of ’n stappie met jou hond voor en ná werk, tel ook in jou guns.

 

Hier is nog ’n paar eenvoudige voorstelle om te probeer:

  1. Staan op as jy op jou selfoon praat of stap na kollegas om iets vir hulle te gaan sê.
  2. Begin met 10-minute-brokkies – sê nou maar ’n handgewigsessie voor ontbyt, ’n stappie oor middagete en ’n wandeling om die blok saam met die gesin ná aandete. Tel dit alles bymekaar en jy sal sien dat as jy jou daartoe verbind om fiks te raak, jy wel die tyd daarvoor kan vind.
  3. Parkeer jou motor verder weg van jou werkplek.
  4. Strek of doen ligte versterkingsoefeninge by jou lessenaar.
  5. Neem elke keer die langer roete as jy na die kleedkamer, die kopieermasjien of iemand se kantoor moet stap.
  6. Sit vir ’n uur of twee per dag op ’n groot oefenbal by jou lessenaar.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoë hakke kan jou voete permament beskadig

Om plat op die aarde te wees het dalk meer voordele as wat jy gedink het

Close