×
Skakel na Engels

Raak ontslae van slegte reuke in jou huis

Speel só met onaangename reuke klaar!
slegte reuke

Baie dinge kan onaangename reuke in jou huis veroorsaak. Hier is ’n paar moontlike sondaars, asook hoe om daarmee klaar te speel.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog. 

Sigaretrook

Linda Cobb, ’n Amerikaanse rubriekskrywer wat in die VSA as die “Queen of Clean” bekendstaan, stel voor jy giet witasyn oor ’n ou handdoek, droog dit uit, en stap dan deur die huis terwyl jy die handdoek rondswaai. Klink na pret! Die reuk sal weg wees voordat jou arms lam raak, en boonop gebruik jy geen skadelike chemikalieë wat gesondheidsgevare kan inhou nie.

Jou skottelgoedwasser

Witasyn bly ’n staatmaker! Vul ’n skottelgoedwasserbestande koppie met wit asyn, plaas dit in die boonste rakkie en stel die (leë) skottelgoedwasser om een siklus te voltooi. Jou skottelgoedwasser sal dalk na asyn ryk vir ’n uur of twee, maar die reuke sal weg wees.

Die yskas

Verwyder die oorsaak: Dis so maklik soos dit! Identifiseer enige produkte wat verval het of oorskiet wat al langer as ’n week staan. As iets sleg ruik of muf is, gooi dit weg. Pak die inhoud van jou yskas in ’n koelboks en haal al die rakke uit. Maak die rakke met seep en warm water skoon en vee ook die binnekant van die yskas uit.

As daar steeds ’n klankie is, sal jy dalk jou yskas vir ’n paar dae oop moet laat staan om lug te kry. Plaas ’n bord met geaktiveerde houtskool, koffiebone of koeksoda in die yskas om slegte reuke te help absorbeer.

Jou vullisdrom

Verwyder vullis uit die kombuis sodra die drom begin stink, en was die drom self behoorlik een keer per week. Koeksoda is steeds jou beste vriend! Sprinkel dit op die bodem van die drom om reuke te absorbeer. Gegeurde laaibedekkers is ook ’n goeie idee.

En, natuurlik . . .

Maak jou vensters oop! Jou huis het vars lug nodig. En stofsuig jou vloere, matte, banke en gordyne gereeld. Weer eens, sprinkel koeksoda op matte en laat dit enige slegte reuke absorbeer voordat jy dit stofsuig.

FOTO: iStock/jarabee123

LEES OOK:

’n Alles-in-een-reinigingsoplossing vir die hele huis

Hoe om stinkerige skoolsakke skoon te maak

5 wenke om jou mat superskoon te hou

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die regte manier om ’n gietysterpot skoon te maak

Dis ’n bietjie omslagtig, maar nie onmoontlik nie. Deur Lauren Smith

Close