×
Skakel na Engels

“Pyn” jou hare soms? Dís waarom

Het jy nog altyd gewonder? Nou weet jy!
Pyn jou hare soms

As dit al ooit gevoel het asof jou hare pyn, is dit nie jou verbeelding nie – trouens, dit is ’n baie werklike verskynsel. Soos jy kon raai, onstaan die pyn in jou kopvel. Wanneer bloedvate ontsteek raak, kan dit ook ’n uitwerking op die senuwees in die haarfollikels hê. En aangesien ons nie tussen ons haarfollikels en haarstringe kan onderskei nie, voel dit asof ons lokke in pyn verkeer.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Maar hoe kan jy dit voorkom? Hier is ’n paar wenke om jou follikels gelukkig te hou:

Dra jou hare los

Dis dalk vanselfsprekend, maar hoe minder spanning daar op jou kopvel is, hoe beter. Dit beteken dat indien jy jou hare altyd vasbind of opsteek, jy van nou af na lieflike, los style sal wil kyk. Hoë poniesterte en rytjies vlegsels (cornrows) is twee van die grootste sondaars wanneer dit by kopvelinflammasie kom, en dit kan jou haarlyn ook ’n ernstige terugslag gee. Strandstylgolwe gaan binnekort jou logiese haarstylkeuse wees!

Lees ook: Die voor- en nadele van haarverlengings

Stadig met die produkte

Nog ’n algemene oorsaak van kopvelpyn is ’n oormatige gebruik van produkte. In die verlede was dit mousse en jel, en deesdae is droë sjampoe wat tot die verstopping van follikels lei. Produkte behoort spaarsamig gebruik te word, en slegs wanneer dit noodsaaklik is. Droë sjampoe behoort nie elke dag gebruik te word nie aangesien hierdie verstopping in uiterste gevalle ook tot haarverlies kan lei. 

Was jou hare slimmer

Om jou hare te veel te was, kan jou kopvel uitdroog, maar om jou hare te ongereeld te was, kan tot daai gehate opbou van produkte lei. Dit beteken dat jy jou hare dikwels moet was, maar nie té dikwels nie. Gebruik sagte sjampoes soos ’n babasjampoe om van vuiligheid en vetterigheid ontslae te raak sonder om jou kopvel te irriteer.

Lees ook: Hoe om die verandering in jou hare ná 40 te hanteer

Beoefen voorkoming

Werk sagkens met jou hare en kopvel om hierdie soort pyn te vermy. Dit beteken nie net dat jy jou hare moet los dra en sagkens moet was nie, maar ook dat jy dit nie hardhandig moet borsel nie. Konstante borselbewegings kan die herhaaldelike afvuur van senuweeselle veroorsaak en dit kan weer tot onnodige pyn lei. 

FOTO: iStock/Tomwang112

LEES OOK:

Die beste skoonheidsolies vir jou hare en vel

Hoe om jou hare hierdie somer gesond te hou

6 belangrike feite vir wanneer jy hare was

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die voor- en nadele van haarverlengings

Dit was nog nooit so maklik om kort hare lank te kry nie

Close