×
Skakel na Engels

Prutpot-wenke wat werk

Wonder jy hoe om jou prutpot ten beste te benut? Probeer hierdie wenke en truuks van die kenners … Deur Sophie Hines
prutpot

1. Onthou, ’n prutpot is nie net vir aandete nie!

Jy kan dit oornag aanskakel om ’n heerlike bakkie pap vir ontbyt te eet.

2.  Maak jy vleis gaar?

Dis belangrik om die temperatuur vinnig te verhoog om skadelike bakterieë te vernietig. Bring die kos dus eers vinnig op die stoof tot kookpunt óf voorverhit die prutpot voordat jy die vleis insit (volg altyd die vervaardiger se aanwysings).

3.  Gebruik jou prutpot vir veelsydige maaltye 

Byvoorbeeld in ’n groot gesin waar mense op verskillende tye eet. Jy kan een gereg maak en dit vir tot twee uur in die pot warm hou.

4. Bespaar geld op jou vleis!

Taaier snitte soos beesskenkel is gewoonlik goedkoper en moet lank en stadig by lae temperature gaargemaak word.

Dit het nie regtig sin om ’n prutpot vir sagte snitte soos filet en borsvleis te gebruik nie.

5. Wonder jy of jy ’n handgekontroleerde of programmeerbare prutpot moet koop?

Handgekontroleerde prutpotte is nie so duur nie en dit is ’n goeie rede om een te kies. Programmeerbare prutpotte skakel outomaties oor na die warm verstelling ná die gespesifiseerde tyd.

As jy laat by die huis kom of ’n onvoorspelbare skedule het, bestee die ekstra geld aan ’n programmeerbare prutpot. Dit sal jou geld spaar deur nie jou aandete te ruïneer nie. – Kathy Hester, Healthy Slow Cooking

6. Bepaal jou volume reg

As ’n ruwe gids: Die hoeveelheid vloeistof moet gehalveer word wanneer jy ’n resep vir ’n prutpot aanpas.

7.  Proe altyd eers voordat jy enige kos uit jou prutpot opskep

…en voeg ekstra kruie en speserye by soos verkies.

Baie mense kla dat alles dieselfde smaak wanneer dit uit ’n prutpot kom, en dit is omdat hulle nie hierdie stap volg nie. Wanneer jy ou kruie gebruik of jou kos vir te lank gaarmaak, kan dit ook die geur beïnvloed. – Kathy Hester

8.  Moenie die deksel van jou prutpot afhaal nie 

Dit neem ’n rukkie voordat die temperatuur weer verhoog. Jy hoef ook nie die kos te roer nie, want anders as op ’n stoofplaat is daar nie enige warm kolle nie.

9. Wanneer jy bak

…maak seker jy plaas óf ’n skoon kombuisvadoek óf ’n paar lae handdoekpapier tussen die erdebak en die deksel om die vog te absorbeer. Só sal jou focaccia, koekies of pondkoek nie pap raak nie! – Kathy Hester

10. Moenie die fout maak om sekere kosse vir te lank daarin te los nie

Suiwel, sagte groente en enige iets wat pap sal raak (soos pasta), moet net vir ’n kort tyd in die prutpot geplaas word.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
6 kosse wat jy op die verkeerde manier eet

Wie sou kon raai dat dit makliker is om ’n piesang van onder pleks van bo te skil? Kyk hierdie...

Close