×
Skakel na Engels

Probeer hierdie liplek-lekker miljoenêr-warmsjokoladeresep

Dis nooit te warm vir ’n koppie dekadente warm sjokolade nie!
First choice webvertorial

 

Ongeag die seisoen, ’n heerlike koppie warm sjokolade is perfek in enige weer. Jy kan joune nou opkikker met heerlike First Choice Velvet Flavoured Dairy Dessert. Hierdie heerlike nagereg kom in vier fantastiese geur: Chocolate, Strawberry, Butterscotch en Vanilla. Of jy nou in die bui vir sjokolademousse of roomys is, jy kan hierdie veelsydige, fluweelagtige nagereg in amper enige soet lekkerny gebruik.

First Choice Velvet Flavoured Dairy Dessert kom in ’n eenliterpak wat maklik giet, of in grootmaatverpakking vir jou gerief. Dit bevat geen tartrasien, MNG of kleurmiddels nie.

First choice velvet

Het jy ’n lekker resep vir warm sjokolade nodig? Jy hoef nie verder te soek nie! Hier is ’n heerlike resep vir ’n miljoenêr se warm sjokolade deur First Choice Velvet Chocolate Flavoured Dairy Dessert te gebruik.

’n Miljoenêr se warm sjokolade

Genoeg vir: 4

Bestanddele 

500 ml First Choice Velvet Chocolate Flavoured Dairy Dessert

60 g donker sjokolade 

2 e vlapoeier

250 ml geklitste room

1 liter First Choice-melk

6 e warmsjokoladepoeier

sjokoladeskaafsels en minimalvalekkers

Metode vir die sjokolademousse

  1. Om die mousse te maak, giet die First Choice Velvet Chocolate Flavoured Dairy Dessert in ’n mikrogolfvaste bak. Breek die sjokolade in blokkies en voeg dan die sjokolade en vlapoeier by die First Choice Velvet Chocolate Flavoured Dairy Dessert.
  2. Meng die bestanddele in die mikrogolfbak goed. Verhit totdat die sjokolade gesmelt is; roer die mengsel elke een tot twee minute.
  3. Laat die mengsel afkoel. Vou ¾ van die room by die mengsel in en hou dit verkoel.

Metode vir die warm sjokolade 

  1. Verhit die melk in ’n groot kastrol en voeg die warmsjokoladepoeier by (voeg meer of minder volgens smaak by).
  2. Giet die warm melkmengsel in vier koppies vir opdiening.
  3. Skep ’n laag van die oorblywende geklitste room op elke beker warm sjokolade.
  4. Giet van die verkoelde mousse oor elke beker en sprinkel sjokoladeskaafsels en minimalvalekkers oor.

Geniet die miljoenêr-oomblik saam met familie en vriende!

Besoek www.firstchoice.co.za vir nog inligting oor First Choice-suiwelprodukte of volg @FirstChoiceSA op Facebook en Twitter. Kliek HIER om First Choice se aanlyn winkel te besoek om fantastiese geskenke te koop.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 fantastiese suiwelprodukte om jou bene te versterk

Verhoog jou kalsiuminname met hierdie fantastiese suiwelprodukte

Close