×
Skakel na Engels

Prins William en prins Harry onthul hoe prinses Diana regtig as ’n ma was

“Sy was een van die stoutste ma’s!”
Diana

Die kommersiële Britse TV-netwerk ITV het ’n eksklusiewe kykie in die dokumentêr oor die lewe en nalatenskap van prinses Diana gedeel waarin prins William en prins Harry peins oor hul herinneringe aan hul ma. Diana, Our Mother: Her life and legacy, wat naas ’n spesiale dokumentêr deur die BBC in Brittanje vervaardig is, word later vandeesmaand uitgesaai, 20 jaar ná haar dood.

In die eerste lokprent vir die program onthul prins Harry dat dit “die eerste keer” is wat die twee oor Diana “as ’n ma” gepraat het. Die twee koninklikes kyk terug op Diana se nalatenskap en langblywende invloed op sowel die publiek as hulself terwyl hulle na ’n private familie-album kyk wat hul ma saamgestel het.

“Sy was baie informeel en het die gelag en die pret geniet,” het die hertog van Cambridge gesê. “Maar sy het verstaan dat daar ’n regte lewe buite die paleis was.” Prins Harry noem haar “die beste ma in die wêreld” en sê: “Sy was een van die stoutste ouers … Sy het ons beslis met liefde oorlaai.”

In ’n soortgelyke spesiale program vertel ’n BBC-dokumentêr die “binne-storie” van die onstuimige week wat op Diana se tragiese en onverwagse dood gevolg het. Die film bevat ook indiepte-onderhoude met haar twee seuns oor hoe hulle die tyd onthou tussen die nuus oor hul ma se dood en die begrafnis.

Ander familielede, naby vriende, politieke figure en joernaliste sal ook oor die week ná haar dood praat. Baie van hulle sal vir die eerste keer oor die gebeure praat.

Van: Digital Spy US

FOTO: Gallo Images/Getty images

LEES OOK:

Die WARE rede hoekom prinses Diana altyd palmsakkies gedra het

16 goed wat jy nie van prinses Diana geweet het nie

FOTO’S: Die stewels wat Kate Middleton al 13 jaar lank dra

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
8 interessante feite oor prins Harry se beweerde vriendin, Meghan Markle

Ontmoet die Amerikaanse aktrise op wie Harry blykbaar “versot” is ...

Close