×
Skakel na Engels

Prins Harry vang ’n dogtertjie wat sy springmielies steel, en sy reaksie is te oulik vir woorde!

Kyk net sy gesigsuitdrukking! Deur Katie O’Malley
prins Harry

Slegs dae nadat prins Harry sy eerste openbare verskyning saam met sy meisie, Meghan Markle, by die Invictus-spele in Toronto, Kanada, gemaak het, lyk dit asof dié 33-jarige nou ’n nuwe maatjie gemaak het – die tweejarige Emily Henson.

Die prins het tydens ’n vlugbalwedstryd langs Emily gesit, wat die dogter van sy vriend, ’n voormalige Invictus-deelnemer en ’n paralimpiese atleet, David Henson, is. David en sy vrou, Hayley het die wedstryd saam met hul dogter kom kyk.

Embed from Getty Images

Tydens die wedstryd het die tweejarige egter ’n geleentheid raakgesien om ’n hand vol van haar nuwe koninklike vriend se springmielies te gaps terwyl hy in ’n ander rigting gekyk het.

Embed from Getty Images

Sy het amper daarmee weggekom, maar toe betrap hy haar op heterdaad! Hy het die boks springmielies kamma vies van haar weggehou, maar dit toe weer vir haar uitgehou. Wat dié oomblik so kosbaar maak, is dat prins Harry toe die kleuter begin voer het, met haar speelgoed gespeel en selfs vir haar tong uigesteek en gesigte getrek het.

Embed from Getty Images
Embed from Getty Images
Embed from Getty Images
Embed from Getty Images

Emily het gereageer deur haar onderlip uit te stoot en later met haar kop op sy skoot gelê om die wedstryd te kyk. Dié oulike gebeurtenis volg slegs dae nadat die prins ’n paar vrae oor sy “meisie” moes beantwoord nadat die twee ook by ’n sportwedstryd gekiek is.

Die Amerikaanse tydskrif People berig dat die voormalige Amerikaanse lugmagsersant Kyle Burnett, wat aan ’n fietsrykompetisie by die spele vroëer die week deelgeneem het, vir prins Harry gevra het wat Meghan van die spele dink. Die prins het geantwoord: “Sy geniet dit baie; sy is dol oor die spele.”

Embed from Getty Images

Hierdie kosbare reaksie op klein Emily se “oortreding” laat ons dink dat die prins ’n fantastiese oom vir sy broer se twee (binnekort drie) kinders moet wees. In ’n onderhoud met die Telegraph in Brittanje vroeër vanjaar het die jongste prins sy hart oor pa-word oopgemaak. 

Embed from Getty Images

“Natuurlik sal ek graag kinders wil hê,” het hy blosend gesê. Wel, met ’n derde koninklike baba en dus broerskind op pad én sy en Meghan se florerende verhouding, kan ouerskap dalk vinniger oor Harry se pad kom as wat hy dink!

Hier’s ’n video waarin hy Emily uitvang:

Van: Good Housekeeping US

FOTO: Gallo Images/Getty Images

LEES OOK:

Prince Harry en Meghan Markle maak hul eerste openbare verskyning as ’n paartjie

Prince William en prins Harry onthul hoe prinses Diana regtig as ’n ma was

Dís wat die hertog en hertogin van Cambridge dalk hul derde baba gaan doen

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Dís wat die hertog en hertogin van Cambridge dalk hul derde baba gaan noem

Die hele wêreld gons oor baba nr. 3 se naam. Deur Olivia Blair

Close