×
Skakel na Engels

Prins Harry en Meghan Markle is verloof!

Die paartjie se aankondiging is al lank verwag. Deur Sophie Hines
Meghan Markle

Prins Harry en Meghan Markle het hul verlowing bevestig.

Die nuus, wat vanoggend aangekondig is, bevestig dat die paartjie vroeër vandeesmaand in Londen verloof geraak het. Die koningsgesin het in ’n verklaring gesê: “Sy Koninklike Hoogheid die Prins van Wallis is verheug om die verlowing van prins Harry aan me. Meghan Markle aan te kondig. Die troue sal in die lente van 2018 plaasvind. Verdere besonderhede oor die troudag sal te gelegener tyd bekendgemaak word.”

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

“Sy Koninklike Hoogheid en me. Markle het vroeër vandeesmaand in Londen verloof geraak. Prins Harry het Haar Majesteit Die Koningin en ander nabye lede van sy familie ingelig. Prins Harry het ook die seën van me. Markle se ouers gevra en ontvang. Die paartjie sal in Nottingham Cottage by die Kensington-paleis woon.”

Die aktrise se ouers het ook ’n verklaring via die Kensington-paleis se Twitter-blad uitgereik.

Geluk aan die pragtige paartjie!

Van: Good Housekeeping UK

FOTO: Gallo Images/Getty Images

LEES OOK:

Prins Harry vang ’n meisietjie wat sy springmielies steel, en sy reaksie is te oulik vir woorde!

Prins Harry en Meghan Markle maak hul eerste openbare verskyning as ’n paartjie

Prins William en prins Harry onthul hoe prinses Diana regtig as ’n ma was

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Prins Harry vang ’n meisietjie wat sy springmielies steel, en sy reaksie is te oulik vir woorde!

Kyk net sy gesigsuitdrukking! Deur Katie O'Malley

Close