×

Prins Harry en Meghan Markle bring hulde aan Diana

Harry sê hy wens hy kon hul verlowing met sy ma deel. Deur Sophie Hines
Prins Harry en Meghan Markle

Prins Harry en Meghan Markle het hul verlowing aangekondig en hoewel dit wonderlike nuus is, het Harry erken dat hy sy ma, wyle prinses Diana, mis en wens dat sy hierdie spesiale geleentheid saam met hulle kon vier.

Harry het aan Mishal Husain van BBC gesê: “Dis op dae soos hierdie dat ek haar regtig mis.” 

Husain het ook vir Meghan gevra hoe dit voel om iets uit Diana se juweliersversameling te dra, waarop sy geantwoord het: “Dis so belangrik om te weet dat sy saam met ons deel hiervan is.”

Harry sê as Diana nog gelewe het, sou sy “beste maats” met Meghan gewees het.

“Ek weet sy sou in die wolke vir my wees en op en af van opgewondenheid spring, maar sy sou ook erg oor Meghan wees,” het hy gesê, en bygevoeg: “Ek’s seker sy spring iewers anders op en af.”

“Sy is beslis met ons,” het Meghan gesê. 

 
Foto: Gallo Images/Getty Images

Lees ook:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Prins Harry en Meghan Markle is verloof!

Die paartjie se aankondiging is al lank verwag. Deur Sophie Hines

Close