×
Skakel na Engels

Pluk jy aan jou vel? Dis meer as net ’n slegte gewoonte

Dermatillomanie: Hoe jou angstigheid jou vel kan beïnvloed
Pluk jy aan jou vel?

Ons kry almal af en toe seerplekke, uitslae of puisies, en die meeste van ons kry dit reg om nie aan ons vel te karring nie sodat dit kan genees sonder enige letsels of infeksies. Sommige mense het egter gedurig ’n behoefte daaraan om aan hul vel te pluk, hetsy dit rofies of hul naelvelletjies is, en hou soms nie op totdat dit bloei nie.

Hoewel dit nie ongewoon is om af en toe ’n puisie uit te druk nie (en as jy dit reg doen, behoort dit ook nie te veel skade aan te rig nie), kan die konstante en onweerstaanbare behoefte om aan jou vel te pluk op onderliggende sielkundige kwessies dui.

Lees: Vermy hierdie 9 selfdoen-gesigbehandelings

Dermatillomanie is ’n soort obsessief-kompulsiewe steuring en verwys na ’n uitermatige gepluk, gedruk, gekrap of getrek aan die vel. Hierdie kompulsies kan so erg wees dat lyers aan klein plekkies kan karring totdat dit onnodige groot sere raak net sodat hulle iets het om aan te pluk en krap.

Dit blyk dalk dat mense met dermatillomanie hulself wil seermaak, maar dis selde die geval. Die gesig is dikwels die gedeelte waarop hierdie mense die meeste fokus, en dit kan tot letsels en verkleuring lei wat hulle dan laat skaam voel omdat dit so moeilik is om weg te steek, selfs onder dik lae onderlaag.

Lees: 5 wenke om ’n angsversteuring te herken – en hoe om dit te hanteer

Behandeling vir hierdie angsverwante kompulsies begin nie van buite af nie, maar van binne. Dit kan nuttig wees om met ’n sielkundige te praat om die rede vir die gedrag te probeer vasstel en om maniere te vind om dit te keer.

Wat die genesing van rofies en uitslae betref, asook die vervaging van ou merke, kan olies en rome aangewend word wat ryk aan vitamiene C en E is. Grimering wat volledige dekking bied, kan ook help. En baie deursettingsvermoë en geduld is noodsaaklik om van binne af op jou beste te voel sodat jy van buite af op jou beste kan lyk!

 

A post shared by leah parks (@mrsleah.parks) on

FOTO: iStock/b-d-s

LEES OOK:

Herken en behandel angs

8 veluitslae op kinders waarvan elke ouer moet weet

3 dinge waarme pasiënte dermatoloë tot raserny dryf

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Agt maklike kunsies wat jou vandag nog jonger sal laat lyk!

Maak gereed om die wysers terug te draai

Close