×

Plaaslike selebs se mooiste trourokke

’n Troue is nou maar net eenkeer spesiaal!

Vir baie vroue is hul trourok iets waarvan hulle reeds van kleins af droom. Met so baie bekendes wat die laaste paar jaar getrou het, was die een eleganter as die ander – en hul trourokke was so mooi soos dié vanuit ’n sprokiesverhaal.

Hier is ’n paar van ons plaaslike bekendes se pragtige trourokke:

Rolanda Marais

 

A post shared by Rolanda (@rolandamarais) on

Die aktrise Rolanda Marais en haar regisseur-man, Jozua Malherbe, het in Februarie 2016 by Old Mac Daddy in die Elgin-vallei in die Overberg getrou. Die troue was pragtig en Rolanda het asemrowend in haar vintage-geïnspireerde trourok gelyk.

Rolene Strauss

 

A post shared by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on

 

A post shared by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on


Die voormalige Mej. Wêreld Rolene Strauss en haar man, D’niel Strauss, het hul groot dag in Februarie 2016 op ’n wynlandgoed in Somerset-Wes gevier. Die mooi bruid het haar gaste verower met nie net een nie, maar twee trourokke!

Janez Vermeiren se Brasiliaanse vrou, Juliana Vasconcelos

Die voormalige Top Billing-aanbieder Janez Vermeiren en sy vrou, Juliana, het in Januarie 2016 getrou. Die model se kanttrourok het haar babamagie mooi gekomplimenteer. Sy en Janez het hier hul tweede baba saam verwag. Hy is in April 2016 gebore.

Siya Kolisi se vrou, Rachel Kolisi

 

A post shared by Siya Kolisi (@siya_kolisi_the_bear) on

Trouklokke het in Augustus 2016 vir die Springbok-rugbyspeler Siya Kolisi en sy vrou, Rachel, gelui. Die twee het die spesiale dag op ’n wynlandgoed buite Stellenbosch met hul geliefdes gedeel. Rachel lyk elegant in haar langmou-trourok. 

HOOFFOTO: Instagram @rolandamarais

Lees ook:

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kyk die oulike foto’s wat SA bekendes van hul babas deel

As daar een ding is wat jy nie kan miskyk nie, is dit al die bekendes se nuwe baba's wat...

Close