×
Skakel na Engels

Partytjie-idees vir tieners

Idees waarvoor hulle nie hul oë sal rol nie!
tieners

Hou hulle besig

1. ’n Instax Mini 9-Kamera (en oorgenoeg film!) is ’n moet vir wanneer jy ’n huis vol tienermeisies onthaal! R1 199, Superbalist

2. ’n Buitelugfliekskerm is so maklik om te maak. Jy het net ’n gehuurde projektor en ’n wit laken of muur nodig. Kry dan die gewildste tienerfliek, komberse en kussings, en siedaar!

3. Karaoke is ’n maklike manier om ’n partytjie aan die gang te kry. Maak net seker daar is musiek wat hulle ken!

Kos vir wanneer dia mae grom

Nacho’s

1. Pak nacho’s, tamatiesalsa en gerasperde mozzarella op ’n bakplaat.

2. Bak totdat die kaas gesmelt is en skep guacamole en suurroom bo-op.

Warm skyfies

1. Bak oondskyfies, geur en sit voor met kaassous.

Pizza

1. Koop pizzadeeg en verskillende bedekkings en laat die kinders hul eie pizzas maak.

Gourmetspringmielies

1. Sit dit voor met geurmiddels soos kleurstrooisels, sjokoladevermicelli, Tabasco-chipotle-rissiesous of speserysout.

Kom ons speel! Dit kan skreeusnaaks wees as jy die chaos kan verdra

Die sjokoladespeletjie

Rol ’n dobbelsteen; die een wat ’n ses gooi, moet met ’n mes en vurk van ’n plak sjokolade eet (nadat hy/sy verskeie kostuums aangetrek en sokkies oor sy/haar hande getrek het).

“Fear Factor”

Hou uitdagings soos eier-roulette – uit ses eiers is slegs vyf hardgekook. Deelnemers kry beurte om eiers op mekaar se koppe te breek – wie gaan die rou eier kry?

Verf-Twister

Bedek Twister-kolle met wateroplosbare verf in dieselfde kleure – en kyk hoeveel pret dit veroorsaak.

Doen dit: Maak ’n oliebolmuur (’n Cool nuwe kostendens vir tieners)

1. Jy benodig ’n gaatjiesbord, houtpenne, verf en oliebolle.

2. Verf jou gaatjiesbord met een of twee lae verf en laat dit droog word.

3. Plaas dit teen ’n muur of op ’n tafel sodra dit droog is.

4. Hang oliebolle aan die bord op – sommer rond en bont of in ’n mooi patroon.

5. Durbaniete: Bel The Cutest Party on the Block (076 502 6763) vir pasgemaakte oliebolmure.

Eet en drink

Simba is vanjaar 60! Wie sal dan nou hul neus vir Chipniks optrek? Sit boereworsrolle of burgers met Peppadew se heerlike nuwe reeks smore voor. Hier is ’n verspot maklike manier om ’n groot groep honger kinders in ’n kits te voer: Voeg spek, hoender of sampioene by All Gold Tomato & Herbpastasous. Giet oor gaar pasta, en voilà!

Wat van nagereg? Sit dié strooisel-lepels saam met warm sjokolade, roomys, of op hul eie voor

JY BENODIG: verskillende lepels, ’n bakplaat, ’n plak wit- of melksjokolade, strooiversiersel en minimalvalekkers.

Breek die sjokolade in stukke en verhit stadig in ’n glasbak oor ’n kastrol met pruttende water. Klits sodra dit gesmelt is. Pak die lepels op die bakplaat.

Giet die gesmelte sjokolade in ’n beker en giet dit in die lepels. Laat dit afkoel en versier met die strooisels en minimalvalekkers. Verkoel dit totdat jy reg is om dit voor te sit.

FOTO: iStock/lenta

LEES OOK:

Dít is hoe jy ’n fantastiese kinderpartytjie hou

5 wenke vir ’n uithaler-teepartytjie

7 fantastiese aanlyn winkels vir oulike ooievaarspartygeskenke

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
10 dinge wat tieners self behoort te kan doen

Om jou kinders met take en verantwoordelikhede te vertrou, maak nie net jóú lewe makliker nie - dit is ook...

Close