×
Skakel na Engels

Orden jou kombuis in net 5 stappe

Maak jou kombuis ’n vrolike ruimte waar jy ’n hond uit ’n bos kan kuier en kook!
eclipse webvertorial

Daar is min dinge so lekker soos om ’n warm, heilsame gereg in die hartjie van die winter te berei, maar dit kan nogal stresvol wees om kos te maak in ’n kombuis wat nie behoorlik ingerig is nie. Maak jou kombuis praktieser met hierdie nuttige wenke van Candice Prins, Eclipse se DYNAMIC SPACE-spesialis.

1. Verkort afstande en spaar tyd

Beplan jou werkruimte en werkvloei. Identifiseer watter soort bêreplek jy nodig het en waar jy dit nodig het. Jou kosbereidingsoppervlak moet minstens 900 mm breed en tussen jou skoonmaakgedeelte en jou kookgedeelte geleë wees.

2. Hou speserye en olies naby

Kry ’n dubbele laai met ’n hoë voorkant om speserye, oliebottels, asyne en snyplanke in te bêre. Vir maklike toegang, hou hierdie laai tussen jou kosbereidingsgedeelte en jou kookgedeelte sodat jy vinnig die regte geurmiddel kan kry wanneer jy kosmaak. Belê ook in ’n verdelerstelsel om te keer dat bottels omval en om snyplanke mooi regop te hou.

3. Kies laaie pleks van rakke

Laaie maak dit baie makliker as rakke om goed uit te haal en weg te pak. Skep tot 15% meer ruimte deur een breë laai pleks van twee smal laaie te kies. Dieper laaie met hoër kante skep selfs meer pakplek.

4. Hou potte en panne naby die stoof

Maak seker jou kosbare kookware is binne maklike bereik van jou kosmaakgedeelte. Gebruik verstelbare kruisverdelers om deksels en potte apart te bêre en sodat jy jou nie meer sat hoef te soek na daardie spesifieke pan se deksel nie!

5. Sorteer kookgereedskap en hou dit byderhand

Dis noodsaaklik om die regte gereedskap vir die voorbereiding en gaarmaak van kos te hê, en ook om hierdie gereedskap georden te hou sodat jy vinniger en makliker in jou kombuis kan werk. Skei bereidings- en gaarmaakgereedskap met behulp van laaiverdelers.

Danksy produkte soos meshouers, rollers vir kleefplastiek en foelie, bottelverdelers en speseryhouers in die Blum Ambia-line– en Blum Orga-line-reekse, sal jy daarna uitsien om meer tyd in jou kombuis te bestee!

 

Besoek www.eclipsegroup.co.za vir nog wenke en inligting oor Eclipse-handelsname en -produkte.

FOTO’S: Eclipse

HOOFFOTO: iStock/Petar Chernaev

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 goue reëls vir ’n ordelike klerekas

Maak die warboel in jou klerekas dit moeilik om klere te kry waarna jy soek? Lees hiér hoe jy dit...

Close