×
Skakel na Engels

Oplossings vir hoe om jou plante nat te hou terwyl jy met vakansie is

Hoe gemaak as niemand na jou plante kan kyk nie?

Jul tasse is gelaai, die kinders het al hul veiligheidsgordels aan, Buks is reeds by die ‘dierehotel’ en net voordat julle met vakansie gaan, onthou jy skielik – wat van jou potplante? Om met vakansie te gaan, verg baie beplanning. Met dié maklike oplossings sal jy minstens een ding minder hê om jou oor te bekommer. Boonop sal jy nie na verlepte potplante terugkeer nie.

Indien jy ʼn buurman vra om na jou plante om te sien, los duidelike, geskrewe instruksies oor wat wanneer moet water kry. Bied aan om volgende keer na jou buurman se plante te kyk!

As niemand beskikbaar is om na jou plante om te sien nie, probeer een van die volgende oplossings:

  1. Maak ʼn bain-marie deur ʼn paar klippies in ʼn skinkbord te plaas en die skinkbord met water te vul. Plaas jou plant bo-op die klippies. (Die pot moet ʼn dreineringsgat hê.) Die plant sal die water absorbeer soos hy dit benodig.
  2. Maak jou eie waterpit. Kies ʼn plastiekbottel met ʼn grootte wat gepas is vir jou plant en maak die bottel vol water. Druk die opening van die bottel met jou vinger toe, keer dit vinning om en druk dit in die potplantgrond. Of, vat enige absorberende materiaal, soos sagte tou of ʼn spons, en druk die een punt in die potplantgrond terwyl jy die ander punt in ‘n emmer water laat dryf. Die plant sal water deur die pit absorbeer.
  3. Sommige plante sal vir ‘n week of so oorleef. Maak hulle goed nat voordat jy vertrek. Voer dan jou bad uit met ‘n handdoek wat in water geweek is en sit die plante bo-op die klam handdoek.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Plante wat vir diere giftig is

Hou Buks en Kietsie van dié groengoed weg

Close