×
Skakel na Engels

Oorweeg jy lipvullers? Hier is alles wat jy moet weet

Maak seker jy weet waarvoor jy jou inlaat
lipvullers

Ons lippe word ongelukkig nie die vernielende gevolge van tyd gespaar nie en raak dikwels dunner namate ons ouer word. Vooruitgang in kosmetiese chirurgie beteken al hoe meer mense wend hulle tot vullers om hul lippe weer voller te laat lyk, en hoewel dit meestal ’n veilige prosedure is as jy weet waarheen om te gaan en die nasorginstruksies deeglik volg, beteken dit nie daar is geen risiko’s aan verbonde nie. Hier is alles wat jy moet weet voordat jy jou besluit neem.

Doen jou huiswerk

Dit geld jou en die dokter wat jy kies om die vullers in te spuit, asook watter soort formule jy wil gebruik – daar is ’n paar opsies wat verskillende resultate lewer. Wanneer dit by die keuse van ’n estetikus kom, is die gesegde dat “jy kry waarvoor jy betaal” baie waar. Jy wil dus beslis nie met die goedkoopste een gaan nie! Vra ander mense en google aanbevelings oor produkte en dokters.

Lees: 5 goed wat ’n plastiese chirurg wil hê jy van Botox moet weet

Gaan vir ’n konsultasie

Goed, jy het op ’n dokter besluit, maar voordat jy jou laat inspuit, maak eers ’n afspraak om die prosedure en jou opsies te bespreek en ook hul professionele raad te vra. Dis ’n goeie geleentheid om ’n gevoel van die dokter en sy spreekkamer te kry, asook om antwoorde te kry op enige knaende vrae wat jy mag hê. Dis belangrik dat jy ’n ingeligte besluit neem. 

Ken jou feite

Wat kosmetiese chirurgie betref, is vullers nie geweldig pynlik nie. ’n Verdowingsroom word gewoonlik aangewend ’n paar minute voordat die vullers ingespuit word. Dit sal soos ’n bysteek voel en daarna sal jy ’n bietje drukking ervaar namate die vuller onder die vel versprei. Daar kan dalk vir ’n week of twee ná die tyd klein knoppies onder jou vel wees wat jy maklik met jou vingers kan gladstryk, en jou lippe kan ook ’n bietjie gekneus lyk.

Lees: 6 dinge wat ’n kenner van velveroudering nooit sal doen nie

Versorging en opvolgsessies

Dis belangrik om vir 48 uur ná die prosedure nie aan jou lippe te raak nie om enige infeksie te voorkom, en dokters beveel gewoonlik ook aan dat jy oefening vermy aangesien dit bloedvloei verhoog wat jou vullers kan versteur. Is jy tevrede met jou nuwe lippe? Opvolgsessies moet binne drie maande tot ’n jaar gedoen word na gelang van die soort vuller wat jy het en hoe goed jy jou lippe versorg.

Swak resultate

Nie gelukkig met jou nuwe voorkoms nie? Geen probleem nie – jou dokter of estetikus kan die vullers laat oplos nog voordat jy ’n voet uit die spreekkamer sit. Hulle gebruik die ensiem hialuronidase en die meeste praktisyns sal dit teen geen ekstra koste doen as jy nie met hul werk tevrede is nie. En onthou, geen vullers is in elk geval permanent nie en jy behoort binne ’n paar maande weer soos jou ou self te lyk.

Foto: iStock/Lyashik

LEES OOK:

Alles wat jy al ooit oor Botox en opvullers wou weet …

Kry voller lippe sonder enige naalde of inspuitings!

Renée Zellweger praat uiteindelik oor die bespiegelings oor plastiese chirurgie

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kry voller lippe sonder enige naalde of inspuitings!

Ons top-lipglanse vir plomper lippe

Close