×
Skakel na Engels

Ontmoet die eerste Gerber®-baba met downsindroom

“Ek het nog nooit iemand gesien wat Lucas ontmoet en nié glimlag nie,” vertel sy ma. Deur Megan Friedman
gerber®

Elke jaar hou Gerber® ’n aanlyn fotokompetisie om te bepaal watter skattige kleinding hul “segsbaba” gaan wees. En vanjaar het dié babakosmaatskappy vir Lucas Warren gekies – dié een-en-’n-half-jarige van Dalton, Georgia, het die oulikste glimlag en ’n spontane persoonlikheid.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog. 

Sy ouers, Cortney en Jason, het Lucas sommer net ingeskryf nadat sy peetma vir hulle ’n brosjure gegee het en gesê het dat hy te oulik is om nié deel te neem nie. Hulle het sy foto op Instagram ingedien en ’n paar maande later het hulle gehoor dat hy Gerber® vir 2018 sou verteenwoordig. Lucas is uit meer as 140 000 inskrywings gekies vir die titel as Gerber® Spokesbaby, en sy gesin sal $50 000 (sowat R598 600) as prysgeld ontvang.

gerber baby lucas

“Lucas se breë glimlag en vreugdevolle uitdrukking het vanjaar ons harte verower,” het Bill Partyka, die president and hoof van Gerber®, in ’n aankondiging gesê. “Ons kies elke jaar die baba wat die beste voorbeeld is van Gerber® se lang erfenis as ’n maatskappy wat glo dat elke baba ’n Gerber®-baba is.”

Lucas maak geskiedenis met sy nuwe “rol”. Dié skattige mannetjie het Down se sindroom, wat hom die eerste Gerber®-baba met spesiale behoeftes maak. Maar sy ouers wil dit duidelik maak dat sy gebrek hom nie definieer nie. “Mense met gestremdhede is meer as hul diagnose of toestand,” het Cortney aan GoodHousekeeping.com vertel. “Hulle is eerstens mense, en hul diagnose is bloot iets wat hulle het.”

Wanneer hy nie die harte laat smelt van almal wat hom ontmoet nie, speel Lucas graag peek-a-boo en hy’s dol oor Disney-programme en om na musiek te luister – veral a capella. Hy het onlangs geleer om sy hande te klap en toe die woord “meer” in Amerikaanse gebaretaal begin sing. En hy was glo ’n koel kalant tydens sy warrelwindtoer deur New York verlede Woensdag om sy nuwe titel bekend te maak. Sy ouers sê hy was so rustig dat hy selfs deur die vlug van Georgia af geslaap het. “Hy’s so sprankelend. Hy’s dol oor mense,” sê Cortney. “Ek het nog nooit iemand gesien wat Lucas ontmoet en nié glimlag nie.”

gerber baby lucas

Jason en Cortney hoop Lucas kan ander kinders soos hy help met sy rol as segsbaba. “Ons wil hê hy moet ’n rolmodel vir ander wees,” sê Jason. “Ons wil hulle almal moet dink: ‘Hi, Lucas het downsindroom, wat kan ek doen [om die saak te ondersteun]?’ Ons hoop dit skep ’n sneeubaleffek van daar af.”

Vir die volgende jaar gaan Lucas gereeld op Gerber® se sosialemediaplatforms verskyn, wat beteken ons gaan nog baie oulike kiekies van hom sien. En Jason en Cortney hoop dit sal ’n goeie storie maak om eendag as hy ouer is vir Lucas te vertel. “Wanneer hy groot is en ons vir hom kan wys en leer wat hy alles in hierdie jaar gedoen het, hoop ek dit sal hom meer selfvertroue gee. Hy kan enige iets doen wat hy wil,” sê Jason. “Ons gaan met elke tree langs hom wees,” sê Cortney.

Foto’s met vergunning van Gerber®

Hierdie artikel het oorspronklik op Goodhousekeeping.com verskyn.

LEES OOK:

8 maniere om veilig met kinders te bestuur

8 veluitslae op kinders waarvan elke ouer moet weet

10 fantastiese kinderpartytjies wat jou mond sal laat oophang

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
WEN 1 van 2 Philips-geskenkpakke met kombuistoestelle ter waarde van R25 000!

Twee gelukkige lesers kan elk n geskenkpak met Philips=kombuistoestelle ter waarde van R25 000 met die komplimente van Goeie Huishouding...

Close