×
Skakel na Engels

Ons ontbloot agt algemene mites oor grimering en velsorg

Dis tyd dat jy ophou om dié leuens te glo
mites

Ons hoor alewig verskillende dinge oor hoe ons ons velsorgprodukte moet gebruik en ons grimering moet aanwend. Dis tyd dat ons van hierdie algemene skoonheidsmites in die stof laat byt sodat jy kan verseker dat jou vel werklik 24/7 goed lyk én voel!

Mite #1: Ouer vroue kan nie glimmende grimering dra nie

Ons moet grimering kies na gelang van wat ons vel komplementeer, nie volgens ons ouderdom nie. Glimmende grimering lyk vandag baie anders as ’n paar jaar gelede – dis deesdae baie meer subtiel. Dit kan ewe mooi op ’n jong vel as op ’n ouer vel lyk.

Mite #2: ’n Gesigskrop sal grimering verwyder én die gesig reinig

’n Gesigskrop is nie net minder doeltreffend as ’n behoorlike grimeringverwyderaar nie, maar dit kan ook die vel beskadig. Verwyder eerder eers jou grimering voordat jy dit met ’n minder growwe reiniger was.

Lees: 5 mites oor velveroudering ontbloot!

Mite #3: Klapper is ’n doeltreffende bevogtiger wat veroudering vertraag

Klapperolie mag dalk vir baie dinge goed wees, maar ’n bevogtiger vir jou gesig is dit beslis nié. Dit bevat geen aktiewe bestanddele wat bewys is dat dit die verouderingsproses vertraag nie en dit bied boonop nie die beste hidrasie nie. 

Mite #4: Dis sleg vir jou vel om elke dag grimering te dra

Hoewel te veel grimering sy tol op jou vel kan eis, is dit nie skadelik om daagliks gewone grimering te dra nie, mits jy produkte gebruik wat vir jou vel geskik is en jy dit verwyder voordat jy saans gaan slaap.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Mite #5: Natuurlike velsorgprodukte is beter as chemiese produkte 

Baie mense dink natuurlik is beter, maar dis nie altyd die geval wanneer dit by velsorg kom nie. Baie natuurlike produkte word nie behoorlik gereguleer nie, verval taamlik vinnig en bevat essensiële olies wat allergiese reaksies kan veroorsaak.

Mite #6: Om met grimering te slaap kan jou vel vinniger laat verouder

Plooie word deur genetiese en omgewingsfaktore veroorsaak, soos sonblootstelling, dehidrasie en jou leefstyl. Maar grimering is nie een van daardie faktore nie. Om met grimering aan te slaap kan tot puisies en verstopte porieë lei, maar nie tot plooie nie.

Lees: Die waarheid agter 10 teenverouderingsmites

Mite #7: Die regte soort produk kan plooie uitwis

Dis ongelukkig onwaar. As dít die geval was, het plastiese chirurge nie meer werk gehad nie! Hoewel daar baie produkte op die mark is wat die voorkoms van plooie kan verminder, is daar nie een wat dit heeltemal kan wegvat nie.  

Mite #8: Mineraalgrimering is veiliger omdat minerale goed is vir jou

Alle grimering word van minerale gemaak en net omdat grimering minerale bevat, beteken dit nie dit bevat nie ’n hele rits ander skadelike bestanddele nie. Kies wat vir jou vel die beste werk pleks van voor bemarkingsfoefies te swig.

FOTO: iStock/Ridofranz

LEES OOK:

Agt maklike kunsies wat jou vandag nog jonger sal laat lyk!

Die grootste grimeringfout wat die meeste vroue maak

Tuisgemaakte lappies om grimering te verwyder

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
10 oefenmites ontbloot!

Die heel grootste mite: Niemand het al die antwoorde nie!

Close