×

Ons Moet-lees Boek van die Maand

Aandag alle boekwurms wat gek is na lekker liefdesverhale in Afrikaans – hierdie is spesiaal vir julle: sewe splinternuwe, sappige stories oor die sake van die hart

 

’n Fees van liefdesverhale

 

Watwou die triestige winterweer! Laat hierdie verhale deur bekendes soos Ena Murray en Schalkie van Wyk jou bloeddruk ’n (klein) bietjie opjaag.

In Om joune te wees deur Schalkie van Wyk (Melodie, R94,95) moet die pas afgestudeerde Kayla hul raserige buurman konfronteer. In Een nag in Vegas deur Elize Mitchell (Satyn, R94,95) beland Telani in ’n kitskapel en toe sy wakker word, is sy met Simon van Kaapstad getroud. Karli het vreemde gedagtes en drome oor Henk in Sluimerliefde deur Susan Pienaar (Satyn, R94,95). En dan is daar vier stewige omnibusse onderskeidelik van Annelize Morgan (Jasmyn, R210), Louisa du Toit (Jasmyn, R210), Elza Rademeyer (Jasmyn, R210) en Ena Murray (Jasmyn, R210).  Geniet dit!

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 

Ons Moet-lees Boek van die Maand

Koljander deur Carié Maas is ’n deernisvolle verhaal wat die verwikkeldheid van vergifnis aanspreek

 

Koljander deur Carié Maas

Human & Rousseau, R190

 

Karen het grootgeword in ’n gesin waar almal se aandag om haar gestremde broer gedraai het; haar ouers het nie eers durf waag om openlik liefde aan haar te betoon nie, bloot om die vrede te bewaar. Na sy dood, toe Karen en haar man self ouers word, word sy – en veral haar pa – met hul belewinge van die verlede gekonfronteer.  Sal Karen se kind ’n nuwe begin wees, in haar pa se woorde “’n impakspeler wat net voor beseringstyd op die veld kom en die blerrie WP ’n slag laat wen?”

 

Dis ’n ryk, sensitiewe storie wat die verwikkeldheid van vergifnis aanspreek, asook interessante aspekte van fisika, genetika, die mediese wetenskap, die geskiedenis van Mali in Wes-Afrika en pelgrimstogte aanraak.

 

Die roman was die debuutwenner van die Groot Romanwedstryd in 2012.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 

Ons Moet-lees Boek van die Maand

Is jy versot op Jodi Picoult se boeke? Dan sal jy nie haar roman ‘The Storyteller’ kan neersit nie

 

The Storyteller deur Jodi Picoult

Hodder & Stoughton, R220

 

Sage Singer is ’n bakker en ’n eenkantmens totdat sy vriende maak met ’n ou man en steunpilaar in die gemeenskap. Haar vredige bestaan word egter geskud toe sy agterkom dat Josef Weber ’n aaklige geheim wegsteek: Hy was sestig jaar gelede ’n Nazi SS-wag. Nou wil hy hê Sage moet hom help – desnieteenstaande die feit dat háár ouma ’n oorlewende van die Joodse slagting is.

 

In haar manjifieke styl verweef Picoult feite en fiksie om uiteindelik verskeie interessante verhale na vore te laat kom, verhale wat almal oor verlies, vergifnis en geregtigheid gaan.

 

Ons adjunk-redakteur, Sarenda Eloff-Vorster, sê: ‘Die trane het lekker gevloei en ek twyfel of ek dié jaar nog so ’n goeie boek te lese gaan kry!’

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Skakel na Engels

Ons Moet-lees Boek van die Maand

As jy van spanningsverhale hou, moet Leon van Nierop se Snydokter beslis volgende op jou moet-lees-lysie wees

 

Snydokter deur Leon van Nierop

(Lapa, R195)

Dié spanningsroman het verskeie kinkels. Dit het ontstaan nadat die uitgewers die publiek uitgenooi het om raaisels te ontrafel na aanleiding van leidrade wat via sosiale media bekend gemaak is. Uit die 850 inskrywings is ’n hoofkarakter en twee ondersteunende karakters gekies en die storie ontvou met die hulp van die drie wenners se leidrade, sosiale media en Leon van Nierop wat ’n verhaal daaruit skep.

 

En nou die storie: Dr. Renzo Hattingh, ’n plastiese chirurg, verdwyn spoorloos nadat ’n ontrimpelingsoperasie skeefloop. George, ’n privaatspeurder, en Monique, verbonde aan ’n reklame-agentskap, volg naamlose boodskappe op wat elektronies gestuur word en hulle na ’n blog lei waarin kosmetiese operasies beskryf word.

 

Die speurtog maak ’n draai in Johannesburg se vermaaklikheidsbedryf, rykmansbuurte en eindig in die platteland. Lekker!

 

Hierdie kompetisie is nou gesluit.  

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Moet-hê-Maandag: Uitstekende eier-kopies

Om eiers met die hand te skei is g’n maklike taak nie. Dié toestelle maak dit makliker om met eiers...

Close