×
Skakel na Engels

Ons gids tot ’n perfekte doen-dit-self sonbruin

Jy hoef nie jouself aan die son se skadelike strale bloot te stel om ’n somergloed voor die lente te kry nie

Lente is net om die draai, wat beteken dis amper tyd om ’n bietjie been te wys in mooi rokkies en kortbroeke. Die winter kan jou bene bleek en droog laat, en jy voel dalk te skaam om hulle te ontbloot. Om jou selfvertroue ’n hupstoot te gee sonder om jou vel aan die son se skadelike UV-strale bloot te stel, gee jou bene ’n somergloed met ’n kunsmatige sonbruin. Jy sal nie net gesonder lyk nie, maar sommer ook slanker!

 

Die sleutel tot ’n doen-dit-self-sonbruin wat natuurlik lyk, is tweeledig: 

 

1. Voorbereiding

  • Doen-dit-self-sonbruin werk die beste op haarlose vel. As jy jou bene skeer, kan jy die produk onmiddellik daarna aanwend, maar wag 24 uur as jy waks of jou beenhare met ’n draadjie of haartangetjie verwyder, aangesien hierdie metodes die haarfollikels oop laat en die produk dan in klein kolletjies kan opdam.
  • Dooie vel absorbeer meer doen-dit-self-sonbruin. Om te keer dat jy ’n streperige resultaat kry, gebruik ’n lyfskrop om dooie vellagies te verwyder, veral by jou knieë en elmboë.
  • Wend aan op vel wat skoon en heeltemal droog is. Lyfroom, deodorant of parfuum kan met jou doen-dit-self-sonbruin reageer of streperigheid veroorsaak, so moet dit eerder nie vooraf gebruik nie.

 

2. Aandwending

  • Begin by jou voete en werk boontoe. Wend klein bietjies op ’n slag aan en vryf die produk met sirkelbewegings in totdat dit heeltemal geabsorbeer is. Te veel sonbruinmiddel sal donker vlekke laat.
  • Vir ’n perfekte afwerking beveel ons aan dat jy ’n storthandskoen gebruik. Dit sal ook voorkom dat jou handpalms verkleur.
  • Indien moontlik, vra iemand om jou te help om jou rug in te smeer. As daar niemand is wat jy kan vra nie, kruis jou arms voor oor jou bors en gebruik albei hande gelyk om dit op jou rug aan te wend terwyl jy in ’n spieël kyk om jou te help.
  • Die meeste kunsmatige sonbruinmiddels kan op sowel die gesig as die lyf gebruik word. Wanneer jy dit op jou gesig aanwend, maak seker dat jy dit mooi inskakeer, veral langs jou kakebeenlyn af.
  • As jy klaar is, neem ’n droë lappie en vee vinnig oor jou elmboë, agter op jou hakke en agter jou knieë – oral waar die produk geneig is om op te hoop. Gebruik ’n wet wipe om jou naels en die gleuwe tussen jou vingers skoon te maak.
  • Wag minstens 10 minute voordat jy aantrek. Die meeste doen-dit-self-sonbruinmiddels neem 5 tot 6 uur om ten volle te ontwikkel.
Ons beveel aan:
Piz Buin Self Tanning Lotion + Colour Dial (R240)
Perricone MD No Sun Tanner (R900)
Woorde: Andie Reeves
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Raak ontslae van spatare

Jy hoef jou nie tot uiterstes soos chirurgie te wend om hiervan ontslae te raak nie

Close