×
Skakel na Engels

Ons 5 topparfuums vir die lente

Ruik hierdie seisoen so vars soos ’n lentebriesie!
parfuum

Dis ’n nuwe seisoen, wat beteken dis die ideale tyd om ’n nuwe fyngeur aan te skaf. Hier is van ons gunstelinge:

1. Paco Rabanne Olympéa EDP

Hierdie fyngeur sal jou soos ’n Griekse godin laat voel. Dit het bonote van groen mandaryn, jasmyn en gemmerblom wat met vanielje en sout gemeng is, wat dit die ideale geur vir die dag of aand maak. 

Lees: Ontdek jou perfekte fyngeur

2. L’Occitane en Provence Terre de Lumière EDP

Hierdie Franse geur is verfrissend en aromaties. Die kombinasie note, waaronder pienkpeper, heuning en bergamot, smelt saam om ’n parfuum te skep wat beide soet en verleidelik is. 

3. Jimmy Choo L’Eau EDT

Vars en blomryk is die twee woorde wat dié lieflike fyngeur die beste beskryf. Dit bevat note van hibiskus, nektarien en pioenrose, wat dit ’n ligte geur maak, maar steeds een wat die koppe sal laat draai. Dis die ene vroulikheid en jeugdigheid – iets wat ons almal tog wil hê!

Lees: Die parfuumtruuk wat elke vrou moet probeer

4. Gucci Bamboo EDP

Gucci stel nooit teleur nie en dié geur is geen uitsondering nie. Dit verteenwoordig selfvertroue en vroulikheid, en het note van vars bergamot, ilang-ilang en lemoenbloeisel wat saamsmelt om ’n parfuum te vorm wat perfek vir die warmer weer is.  

5. The Body Shop Indian Night Jasmine EDT

Laat jou reuksintuig jou op ’n eksotiese reis neem! Hierdie fyngeur ruik die ene vars jasmyn en ander lentebloeisels en word gekombineer met die aroma van sandelhout en lemoenbloeisel – jy sal jou dus maklik kan verbeel dat jy op ’n vakansie in Indië is.

FOTO: iStock/DmitriyTitov

LEES OOK:

Maaj jy hierdie groot parfuumfout?

5 ongewone plekke om parfuum aan te wend

Laat jou parfuum só langer aanbly

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die parfuumtruuk wat elke vrou moet probeer

Jou nuwe kenmerkende fyngeur kan dalk ’n kombinasie van twee parfuums wees

Close