×
Skakel na Engels

Ons 10 beste strandkopies

Moenie die pad strand toe sonder dié staatmakers vat nie!
strandkopies

As jy gelukkig genoeg is om binnekort op ’n seevakansie te vertrek, sal jy beslis hierdie moethê-kopies op jou inkopielys wil sit. Ja, ’n dag by die see is lieflik, maar daar is sekere aspekte van die strand waarsonder die meeste van ons kan klaarkom. Sand in jou motor? Nee dankie! ’n Nat selfoon? O wee! Hier’s ’n lys van praktiese kopies vir ’n stresvrye somervakansie.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

1. Volkano Mini Erupt Series-kragbank

Het jy vergeet om jou foon of e-leser te laai? Geen probleem nie! Die mooi rubberafwerking en silikoonbandjie maak hierdie ’n stylvolle klein kragbank. Ons is dol oor die kleur! En die prys is ook nie te versmaai nie! Dis boonop lekker lig en kompak, en jy kan dit selfs aan jou sleutelhouer dra.

 R149, Takealot

2. Ökotec- waterdigte omhulsel

Beskerm jou selfoon terwyl jy swem, visvang of bootry, en neem boonop fantastiese onderwaterfoto’s. Dié omhulsel het deursigtige vensters aan albei kante sodat jy kan foto’s neem, e-posse lees en al die ander nodige raakskerm-funksies kan gebruik. Dis vir die meeste groottes slimfone geskik, en dit kom met ’n nuttige bandjie sodat jy dit maklik kan saamdra. 

R299, Takealot

3. Papsac deur aFREAKa

Jy gaan versot wees op hierdie draagbare lug-sofa! Dit blaas maklik sonder die gebruik van ’n pomp op en vou lekker klein op. Dit dryf ook op water! Dis in nege verskillende kleure beskikbaar. 

R590, Takealot

4. Marco Beach Box 

Hierdie waterdigte houertjie is ideaal om kontant en kaarte veilig te hou terwyl jy heerlik op die strand baljaar. 

5. Go Travel- waterbestande kaarte

Dié speelkaarte is skeur- en waterbestand – dis ideaal vir jou gunstelingkaartspel op die strand (of langs die swembad), maar nie ideaal vir skelms wat die ase se hoekies omvou nie!

6. Cabanna Stripe-strandmat

Plaas hierdie geweefde mat onder jou strandhanddoek om die sand te help keer. Die toutjie maak dit maklik om dit op te rol en vas te bind sodat jy dit gerieflik kan dra. 

R79,99, MRP Home

7. Camp Master-rugkoelsak-en-stoel

Wat ’n slim ontwerp! Dit sal nie net jou koeldrank koel hou nie, maar dien ook as ’n stoeltjie vir Pa sodat hy die kleinspan kan dophou. Die koelsak het ’n 25-liter-kapasiteit en die skouerbande maak dit maklik om op jou rug te dra. 

R399, Makro

8. Camp Master Beach Pop Up-tentjie

Hierdie 2-man-tentjie kom met sandsakke om dit te anker, asook ’n ingeboude grondseil. Dis perfek vir wanneer jy ’n bietjie koelte vir jou namiddagslapie soek! 

R299, Makro

9. Wonder Towel-mikroveselhanddoek

Klaar op die strand? Vee jou eenvoudig met hierdie handdoek af en laat waai. Danksy dié sandvrye strandhanddoek sal die sand maklik afkom sodat jou motor en huis skoonbly. Hierdie ekovriendelike handdoeke is supersag en voel fluweelagtig op jou vel. 

R299, Takealot

10. LeisureQuip-karabynhake (stel van 4)

Oukei, dis nie noodwendig die mooiste strandbykomstigheid nie, maar hierdie hake werk fantasties om alles van sonbrille tot klere sandvry te hou. Gebruik dit om ligte artikels aan jou strandsambreel se raamwerk op te hang.  

FOTO: iStock/Steve Debenport

LEES OOK

Suzelle DIY se wenke en kunsies vir die strand 

Vyf maniere om jouself somergereed te maak 

Noodhulpgids vir somervakansiebeserings

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe om jou hare hierdie somer gesond te hou

Ons is dalk lief vir die son, maar die son is nie lief vir ons hare nie

Close