×
Skakel na Engels

Oliespoeling: Die jongste in omgewingsvriendelike skoonheidsneigings

Ons verduidelik die antieke praktyk … en hoe dit jou mondgesondheid kan verbeter
Oliespoeling

Daar is baie te sê vir antieke praktyke wat die toets van die tyd deurstaan het. Een so ’n ritueel vir mondhigiëne wat onlangs weer sy verskyning gemaak het, is oliespoeling of olietrekking (“oil pulling”), en indien die aanhangers van hierdie praktyk geglo kan word, kan dit jou mondhigiëne ’n reuse-hupstoot gee en vir skitterwit tande sorg.

 

First time oil pulling! Anyone ever do this? There’s so many benefits I’m reading about! #oilpulling #sundayfunday #healthy #bacteria #coconutoil

A post shared by ✨?✨?✨H e a t h e r G✨?✨?✨ (@bars_to_barbells) on

Maar wat is dit presies? Oliespoeling is ’n antieke Ayurvediese praktyk waarvolgens jy jou mond vir 20 minute met ’n lepel olie uitspoel nadat jy soggens wakker geword het.

Alhoewel die idee hieraan jou dalk aardig laat voel, is daar baie mense wat daarby sweer, en sê dat dit tandpyn verlig, tande bleik, jou asem verfris en help om van gifstowwe en skadelike bakterieë in die mond ontslae te raak wat tot siektes kan lei.

Lees: Wat jou mond van jou gesondheid sê

Die beste olies  vir oliespoeling is klapper-, sonneblom- en sesamolie en alhoewel 20 minute dalk na ’n ewigheid voel, neem dit nie lank om aan hierdie olierige oggendritueel gewoond te raak nie. Kenners is steeds verdeeld oor enige langtermyn-voordele van oliespoeling, maar volgens diegene wat dit beoefen, bestaan daar verskeie gesondheids- en kosmetiese voordele.

As jy dus daarvoor kans sien, kan jy dit gerus op die proef stel. Alhoewel dit nie jou gereelde tandesorgregime mag vervang nie, kan dit ’n aanwins vir jou mondhigiëne wees.

FOTO: iStock/gruizza

LEES OOK:

4 maniere om pragtig wakker te word

Hoe om jou tande skitterwit te kry

20 ongelooflike goed wat jy met klapperolie kan doen

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Haat jy jou nuwe haarstyl? Dís wat jy kan doen

Hoe om van ’n slegte nuwe haarstyl te herstel en die resultate te kry wat jy wil hê

Close