×
Skakel na Engels

Oefen saam-saam

Verloor gewig met behulp van jou vriende.

 

In ’n onlangse studie aan die Alpert Medical School by Brown University in die VSA, het afsprake met ’n gesondheidsafrigter mense gehelp om ongeveer 10% van hul gewig oor ses maande te verloor.

Maar die afrigter hoef nie enigiemand amptelik te wees nie: ’n vriendin wat ook gewig wil verloor – ons noem haar maar jou ‘afrigter’ – werk net so goed. Gedurende sessies het die spannetjie doelwitte gestel, vordering gemonitor en ondersteunende terugvoer gegee. Kies jou fiksheidsmaat slim: ’n vriendin met dieselfde leefstyl en gesondheidsideale sal die beste werk, sê dr. Tricia M. Leahey, die studieskrywer.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief