×
Skakel na Engels

Nuwe Banting-app

Bant oral waar jy gaan met dié nuttige LKHV-app

Banting-app

GoBanting, ’n nuwe Banting-app, is in Suid-Afrika bekendgestel – ’n moet vir alle aanhangers van die Banting-revolusie. Dit sluit inligting oor die LKHV-dieet in, asook Banting-moets en -moenies en het ’n i-katalogus van Banting-vriendelike eetplekke oor die land heen.

Wanneer jy kosmaak, kan jy van meer as 100 resepte kies wat per maaltyd of vleissoort gesorteer is. Dink mini-spek-guacamole-koppies vir ’n versnapering, gebakte vis met dennepitte, parmesaan en ’n basilie-pesto-kors vir hoofgereg en amandel-kokos-sjokolade-vetbomme vir nagereg – njam!

Die bestanddele vir elke resep word gelys; kliek op dié wat jy nodig het en dit word outomaties by jou inkopielys gevoeg. ’n Fout gemaak? Verwyder wat jy nie nodig het nie. Gaarmaakmetodes is duidelik en presies – maklik genoeg vir amateurs, maar lekker genoeg vir die fynproewers. Geniet dit!

Wil jy die app hê? Kry dit by die iTunes store vir R14,99 of van die Google Play Store vir R12,99.

FOTO: iStock/m-imagephotography

LEES OOK:

Banting vir beginners

Die lae-koolhidraat-hoë-vet-dieet

5 eiervrye Banting-ontbyte

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief