×
Skakel na Engels

Nuut by Mr Price Home

Ons is dol daaroor om nou ook by Mr Price Home aanlyn te kan koop. Kyk ’n bietjie wat nuut op hul rakke is – kliek op die skakels om die ware te koop

 

 

Blou-en-wit motiewe bly ’n gewilde dekorneiging en hierdie is ’n uitstekende kopie. Kussing met Jakobeaanse motief, R159,99

 

Dié kussing kry ’n modepunt omdat dit blou-en-wit is en nog ’n punt vir die byderwetse geometriese patroon. Kussing met geometriese skakelmotief, R99

 

Het jy geweet jy kan ook oulike skryfbehoeftes by Mr Price Home kry? Hierdie washi-kleeflintplakkers sal briewe of lêers opkikker. Washi-kleeflintplakkers, R29,99

 

Skep ’n treffende muurgalery met dié stel mooi, swart rame. Al wat jy nog nodig het, is jou gunsteling-kiekies! Sespak-galeryrame, R199

 

Dié fotoraam sal ’n kleurryke toevoeging tot jou huis wees en teen so ’n prys is dit boonop ’n winskopie! Ovaalvormige raam met rosies, R49,99

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Topvyf wintermodes van Mr Price

Dís waarna jy kan uitsien wanneer dit oor ’n paar weke begin koeler raak

Close