×
Skakel na Engels

Nuttige wenke vir introverte by ’n netwerkgeleentheid

Raad vir ‘n suksesvolle netwerkgeleentheid
Nuttige wenke vir introverte by ’n netwerkgeleentheid

As jy ’n introvert is, kan jy dalk nog in jou daaglikse lewe van mense wegskram, maar wanneer jou werk vereis dat jy gesellighede bywoon, sal jy eenvoudig uit jou dop móét kruip. Maar vrees nie – met hierdie wenke sal selfs die skaamstes onder ons ’n gesprek moeiteloos kan aanknoop. Kruip só uit jou dop:

Komplimenteer iemand (ja, vleitaal help)

Begin met ’n kompliment. Neem die vrymoedigheid om die persoon by jou opreg te komplimenteer. Moet egter liefs nie oorboord gaan nie, want dit kan maak dat jy as onopreg – of selfs “creepy” – gesien word! Komplimenteer die persoon met iets kleins soos haar skoene of bykomstighede. 

Wees op die uitkyk na ander introverte

Die gesegde “soort soek soort“ geld amper enige situasie. Wees eerlik oor hoe ongemaklik hierdie geleenthede kan wees. Daar is tien teen een ander gaste wat net soos jy voel. Wees op die uitkyk na mense wat ongemaklik lyk, skraap ’n bietjie moed bymekaar en gaan staan by so ’n persoon. Die ys sal gou begin breek wanneer julle begin gesels oor hoe ongemaklik sulke geleenthede kan wees. 

Daar is ’n rede vir daai gehate naamplaatjies

Dit kan oorweldigend wees om in ’n vertrek vol vreemdelinge te probeer netwerk. Maak dus gebruik van die bietjie hulp wat beskikbaar is – die naamplaatjies. Dit is makliker om met mense te begin praat as hulle jou naam ken (of kan lees).

By die meeste netwerkgeleenthede sal jou werkstitel of die naam van die maatskappy wat jy verteenwoordig, ook op die plaatjie verskyn. Gebruik hierdie inligting om ’n gesprek oor ’n persoon se spesifieke rol in die maatskappy aan te knoop. Jy kan ook met iemand gaan gesels wat jou droomwerk doen of wat in ’n veld werk waarin jy belangstel en hul raad of insette vra.

FOTO: iStock/Rawpixel Ltd

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief