×
Skakel na Engels

Nuttige wenke om jou gunsteling-denimklere langer nuut te laat lyk

Almal het jeans van goeie gehalte in hul klerekas nodig
Skip denim

 

“Jeans is waarskynlik die belangrikste staatmakers in my klerekas. Ek lewe letterlik daarin. Denim is hierdie seisoen gerevolusioniseer. Daar is verbleikte jeans, jeans met motiewe en met borduurwerk en uitgerafelde jeans. Ek dra jeans by absoluut alles, van T-hemde tot formele fluweelbaadjies en hoëhakskoene. Ek is baie versigtig wanneer ek my jeans was en was dit altyd binnestebuite. Ek was dit op ’n koue siklus sodat dit nie krimp nie. As dit gerek het en ek dit wil laat krimp, was ek dit op ’n delikate warmwatersklus en tuimeldroog dit daarna. – Bev Nates, GH-modedirekteur

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog. 

bev jeans

Informeel en sjiek

Ongeag die seisoen, die geleentheid of kleur, denimjeans is ’n moeitelose en tydlose neiging. Van hoëlyf-snitte tot geskeur, nousluitend, rekbaar of uitgeklok … jeans is dié gemaklike en klassieke keuse.

Carefree and relaxed

Dra en sorg

Denim is ’n duursame materiaal, maar jy kan ’n paar goed doen om die klere so goed te laat lyk soos die dag toe jy dit gekoop het:

1. Denim word van diggeweefde en duursame keperstof gemaak. Jy hoef dit net ná elke tweede of derde dra te was.

2. Hang jou jeans buite om droog te word, maar vermy direkte sonlig wat die materiaal kan verbleik.

stack of various shades of blue jeans on old wood

Wees lief vir jou klassieke denim! Skip het ’n paar fantastiese wenke om jou gunsteling-denimklere vir langer nuut te laat lyk

1. Stryk denim terwyl dit nog effens klam is om ongewenste kreukels te verwyder.

2. Gebruik Skip Semi-Concentrated Liquid vir elke was. Dit kleure bly helder en die materiaal bly glad.

3. Keer jou denim om voordat jy dit was. Dit sal die kleur langer laat hou.

4. Gebruik die koudste en sagste wasverstelling om te keer dat denim krimp.

Skip_logo

Nuwe Skip Semi-Concentrated Liquid met veselsorgtegnologie is ontwerp om materiaalvesels diep binne te dring sodat klere vir langer nuut kan lyk. #NewerForLonger

Besoek www.skip.co.za vir nog inligting oor Skip-produkte.

Hooffoto: iStock/Rohappy

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Denim: Die top-tendense vir herfs 2017

Jare lank al regeer denim die loopplanke met van noupypjeans tot kêreljeans en klokpypjeans – en nou is daar ’n...

Close