×
Skakel na Engels

Nuttige bedkopies

Die weer raak koeler en opstaan al hoe moeiliker. Dié kopies sal jou slaapkamer lekker snoesig laat lyk

 

 

Horizon-katoendekens van Linen Drawer kom in ’n pragtige verskeidenheid kleure en is wasmasjien- en tuimeldroërvriendelik.

 

Dit kos vanaf R459 vir ’n enkel tot R764 vir ’n koninggrootte kombers. Aflewering is gratis landwyd – bestel joune hier aanlyn.

 

 

 

 

 

Granny Goose gebruik net die beste gehalte vere en dons vir hul ikoniese duvets, kussings en strooikussings. Dié plaaslike maatskappy vervaardig duvets in verskillende gewigte, afhangende van jou voorkeur. Hulle het ook ’n groot verskeidenheid linne vir jou droomslaapkamer.

 

Pryse begin by R1 075 vir ’n Duck Down and Feather Channel Duvet, en aflewering kan oral in Suid-Afrika geskied. Bestel joune aanlyn.

 

Mungo is ’n plaaslike maatskappy wat spesialiseer in linne wat gemaak word om te hou – van handdoeke tot dekens, komberse en hul geliefde duvetoortreksels en lakens van suiwer linne – en is in ’n verskeidenheid van kleure beskikbaar. Ons is mal oor die skakering van hul Chenille Zig Zag Throw in Mole.

 

Die dekens kos vanaf R980 en kan hier aanlyn bestel word.

 

 

 

 

Jy kan altyd op Mr Price Home staatmaak vir billike, modieuse dekoritems en slaapkamerkopies is geen uitsondering nie. As jy jou slaapkamer ’n bietjie oemf wil gee sonder om ’n plaas se prys te betaal is Mr P waarheen jy jou moet haas. Hier kry jy van duvets en kussings tot hul voortdurende linne-aanbiedinge.

 

 

Dié duvetoortreksels begin by R119,99. Bestel hier aanlyn.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief