×
Skakel na Engels

Nutella-en-aarbei-rolletjies

Daar sal nie eens ’n krummel van dié dekadente happies oorbly nie!

1. Sny die korsies van twee snye witbrood af. Plaas die snye op ’n snyplank en rol dit met ’n koekroller plat.

2. Sny elke sny in die helfte sodat jy vier plat, reghoekige repies brood het.

3. Smeer elke reghoek mildelik met Nutella en pak aarbeiskyfies op die sjokoladesmeer.

4. Rol elke repie brood in ’n rolletjie op.

5. Voeg bloubessies of enige ander soort bessies vir ekstra antioksidante by.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Sjokolade vir jou Valentyn

Is jou wederhelf mal oor sjokolade? Ons het vir jou ’n paar goedjies gaan uitsnuffel Deur Leah van Deventer

Close