×
Skakel na Engels

Nicole Kidman maak ’n kragtige stelling oor huishoudelike geweld in haar Emmy-toespraak

Met die aanvaarding van haar trofee vir “Big Little Lies” het Nicole na huishoudelike geweld as ’n “ingewikkelde, sluipende siekte” verwys. Deur Emma Dibdin
Nicole

Nicole Kidman het gisteraand die prys vir uitstaande hoofaktrise in ’n beperkte reeks vir “Big Little Lies” ontvang by die 2017 Emmy-toekenningsaand, en in haar bedankingstoespraak het sy ’n kragtige stelling oor huishoudelike geweld gemaak.

Kidman se roerende vertolking van Celeste – ’n suksesvolle en vurige vrou wie se skynbaar volmaakte lewe weerspreek word deur die huishoudelike geweld waarmee haar man (Alexander Skarsgård) haar manipuleer – het haar die waardevolste rolspeler in ’n feitlik foutlose reeks gemaak.

“Soms kry jy as akteur of aktrise die geleentheid om ’n groter boodskap oor te dra,” het sy gisteraand gesê. “Ons het die soeklig op huishoudelike geweld gewerp. Dis ’n ingewikkelde, sluipende siekte. Dit kom baie meer voor as wat ons onsself toelaat om te glo. Dit hou verband met skaamte en geheimhouding, en die feit dat julle hierdie prys aan my toeken, plaas dit selfs meer in die soeklig.”

Lees die volledige transkripsie van Nicole se toespraak hier onder:

Sjoe! Baie, baie dankie. Reese, ek deel hierdie met jou, want sonder jou sou ek nie hier gestaan het nie. So Bruno en – die beste medewerkers, júlle laat dinge gebeur, baie dankie. Dankie aan die televisie-akademie dat julle ons program erken, en ook hierdie optrede. Dankie aan HBO dat julle in ons geglo het. Dankie aan die fantastiese akteurs en span wat saam met my gewerk het, aan Laura, aan Zoe, aan Shay, aan Alex en Robin wat my intieme akteursvennote was. Dit het alles begin met Liane Moriarty in Sydney, wat ons met haar boek toevertrou het. Toe het David E. Kelley aangesluit en dit met sy briljante vertellingsvermoë vorm gegee. En Jean-Marc Vallee, dis joune, dis jóú visie. Jy het hierdie reeks met jou passie en jou kunstigheid gedryf. Dankie. Ek het ’n groot kunstenaarsfamilie wat my deur al die op- en afdraande ondersteun het. Ek kan nie almal noem nie, maar Kevin, Susan en Chris, Wendy, Miranda, Katie, Michelle, Leslie, Angie, Liz, almal van julle, julle was so lojaal aan my, nog my hele lewe lank. Dankie daarvoor. Ek is ook ’n ma en ’n vrou. Ek het twee dogters, Sunny en Faith, en my liefste Keith. Ek verwag van hulle om hierdie pad saam met my te stap en hulle offer so baie op. So dit is ook vir julle. Ek wil hê my dogters moet hierdie trofee op hul rak hê en daarna kyk en dink “elke keer wat Mamma ons nie in die bed kon sit nie, was omdat sy hiervoor gewerk het … ons het iets daarvoor gekry”. Maar ek wil ook hê hulle moet weet dat jy soms as akteur of aktrise die geleentheid om ’n groter boodskap oor te dra. En hierdie is dus hul bydrae. Dis ook jou bydrae. Ons het die soeklig op huishoudelike geweld gewerp. Dis ’n ingewikkelde, sluipende siekte. Dit kom baie meer voor as wat ons onsself toelaat om te glo. Dit hou verband met skaamte en geheimhouding, en die feit dat julle hierdie prys aan my toeken, plaas dit selfs meer in die soeklig. So baie, baie dankie. Ek buig my knie vir julle.

Van: Good Housekeeping US

FOTO: Gallo Images/Getty Images

LEES OOK:

Nicole Kidman het dalk die aap uit die mou gelaat oor ’n tweede reeks van “Big Little Lies”!

5 verrassende skoonheidsgeheime van ou Hollywood

10 TV-reekse wat jy nie mag misloop nie

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Gelukkige 50ste verjaardag, Nicole Kidman! Hier is GH se Junie-voorbladster se 50 beste voorkomste

Dis moeilik om te glo dat die pragtige Australiese aktrise Nicole Kidman vandag 50 word!

Close