×
Skakel na Engels

Nicole Kidman het dalk die aap uit die mou gelaat oor ’n 2de reeks van “Big Little Lies”!

Laura Dern en Reese Witherspoon het ook iets oor ’n opvolgreeks laat val! Deur Emma Dibdin
Big Little Lies

Hoewel HBO nog nie bevestig het dat daar ’n opvolg van Big Little Lies gaan wees nie, het van die hoofkarakters dalk hul mond ’n bietjie verbygepraat. In ’n onderhoud met Variety by die Cannes-rolprentfees het Nicole Kidman – wat die medevervaardiger was en die rol van Celeste vertolk het – gesê sy is gretig om aan ’n tweede reeks te werk “as die storielyn kragtig en boeiend is”.

“As daar ’n manier is om hierdie vroue se lewe verder te laat ontwikkel op ’n manier wat werklik interessant is, sal dit fantasties wees om ’n tweede reeks te maak,” het sy gesê. Kidman het ook uitgebrei oor die geweldige reaksie wat sy van kykers gekry het, waarvan baie hulle kon vereenselwig met haar karakter se verhouding met ’n gewelddadige man, wat deur Alexander Skarsgård vertolk word.

Verwant: Hier is die salarisse van die grootste TV-sterre ooit! 

“Mense wou graag na my uitreik,” sê sy. “Ek het talle e-posse gekry en so baie mense het met my daaroor gepraat, wat wonderlik is, want dis regtig ’n baie ingewikkelde verhouding. Omdat ek dit so goed verstaan, kan ek in detail daaroor praat. Daar is ’n geweldige gevoel van skaamte en die behoefte om haar man en gesin te beskerm.”

Een van Nicole se medesterre in die reeks, Laura Dern, is onlangs deur Us Weekly oor ’n tweede reeks gevra. Sy het skamerig geantwoord: “Daar is sprake … Mense is nuuskierig. Dit sal dus lekker wees om die verhaal verder te voer. Ek is dol oor my karakter en sal haar met graagte weer wil vertolk.”

Reese Witherspoon, wat ook ’n medevervaardiger van die reeks was, het ook soort van bevestig dat daar ’n opvolgreeks gaan wees. Sy het onlangs ’n foto van haar en Nicole en Laura op Instagram gedeel en gesê: “Ons werk aan ’n paar nuwe leuens”. En waar daar ’n rokie is …

 

Spending #SundayFunday with these ladies … working on some new lies ???

A post shared by Reese Witherspoon (@reesewitherspoon) on

Hoewel party aanhangers skepties is oor hoe ’n verhaal wat so perfek geëindig het hoegenaamd kan voortgaan, het ons die volste vertroue in hierdie dames!

Van: Digital Spy US

FOTO: Gallo Images/Getty images

LEES OOK:

10 TV-reekse wat jy nie mag misloop nie 

DStv Now, Netflix of ShowMax?

“Modern Family”-karakters herskep tonele van gewilde TV-programme 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
7 dinge wat Cher daagliks doen om fiks te bly

Op 71 spog dié ster dat sy die plankposisie vir ’n volle vyf minute kan hou. Sy moet dus iéts...

Close