×

NetFlorist se oplossing vir feestydinkopies

Met net ’n kliek van die muis kan jou geskenk nog op dieselfde dag afgelewer word!
netflorist

NetFlorist, Suid-Afrika se grootste geskenkwebwerf met aflewering op dieselfde dag, is bekend vir hul ongelooflike verskeidenheid blomme, geskenke en gebak. Hulle het keer op keer bewys dat hulle meer as net aanlyn bloemiste is. Wanneer jy ’n spesiale geleentheid het, is dit jou eenstopwinkel met geskenke vir absoluut almal.

Hoeveel ons ook al met opwinding na die feestyd uitsien, sien die meeste van ons ook op teen daardie inkopietogte in winkelsentrums. As jy soos ons die gedagte aan lang toue in winkelsentrums haat waar jy geskenke moet soek en dit dan moet toedraai, sal jy bly wees om te weet dat NetFlorist ’n groot verskeidenheid geskenkoplossings het. Kies uit blomme, snoephappies, sjokolades en meer – en laat jou geskenk nog op dieselfde dag sonder moeite op enige plek in die land aflewer. Geskenkkategorieë sluit in geskenke vir hom, geskenke vir haar, toestelle, klere, heerlike gebak, ervarings en selfs verpersoonlikte geskenke, wat baie gewild is, want dit is uniek vir die gelukkige ontvanger en anders as jou gemiddelde geskenk wat in ’n winkel gekoop word.

Uitstekende geskenkkeuses sluit in eetbare Kersbome wat van dekadente, pragtige Lindor-balle gemaak word; Personalised Christmas-wynblikke, kompleet met ’n persoonlike boodskap vir ’n geliefde; blommerangskikkings met ’n Kerstema; asook heerlike gebak om die feesvreugde nog ’n bietjie soeter te maak.

Die beste van alles is dat die bestel-en-afleweringsproses baie maklik is, want klante kan hul bestellings aanlyn doen met die kliek van ’n muis. Afleweringsopsies op dieselfde dag is ook moontlik, waar geskenke by die deur van jou geliefdes afgelewer word. Of hoekom bederf jy jouself nie met daardie ding waarop jy nog die hele jaar jou oog het nie?

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
14 wenke vir ’n ekovriendelike Kersfees

Ekovriendelike maniere om te verseker dat jou Kersfees se impak so kléin as moontlik is

Close