×
Skakel na Engels

Naweekpret vir die Gesin – Eet om die wêreld

Maak hierdie naweek opwindend met temas van die regoor die wêreld

 

 

 

 

Hier is ʼn spyskaart vir die hele naweek, plus ʼn algemene kennis vraag oor elke land wat beslis vir goeie kos, goeie geselskap en goeie pret sal sorg.

 

Vrydagaand – Amreikaanse Burger-aand

 

Laat die kinders die vulsels voorberei en hul eie burgers bou met al hul gunsteling-souse. Gebruik dié Burgers met Franse uie-resep vir inspirasie.

 

Algemene kennis vraag:

Uit hoeveel state bestaan die VSA?

 

Antwoord:

51

 

Saterdagmiddagete – Sjinese Roerbraai

 

Laat die kinders die groente opsny, daag hulle uit om dit so fyn as moontlik te doen en beloon die wenner. Hier is ʼn heerlike vrugte-roerbraai.

 

Algemene kennis vraag:

Hoe lank is die Sjinese muur?

 

Antwoord:

8850 km

 

Saterdagaand – Italiaanse Pizza

 

Laat die kinders hul eie pizzas bou met vooraf-voorbereide vulsels. Hier is ʼn lekker pizza met ʼn kinkel.

 

Algemene kennis vraag:

Watter kleure kom voor in die Italiaanse vlag

 

Antwoord:

Groen, rooi en wit

 

Sondagmiddagete – Suid Afrikaanse Braai

 

Ontspan in die heerlike lente-son met hierdie opwindende hoenderbraai resep wat die kinders sal geniet.

 

Laat die kinders vir Pa help om die blikke in die hoender te sit en dit mooi te posisioneer op die braaier.

 

Algemene kennis vraag:

Wat is ons land se nasionale voël?

 

Antwoord:

Die bloukraanvoël

 

Nagereg – Russiese Pavlova

 

Koop reeds-gemaakte mini-pavlova meringues, klop vars room styf, of gebruik vrugte-joghurt vir ʼn gesonder opsie, en versier dit met vars vrugte soos aarbeie. Dit is baie maklik en heerlik!

 

Laat die kinders die aarbeie opsny en hul eie mini-pavlova versier.

 

Algemene kennis vraag:

Na watter Russiese baletdanseres is die pavlova vernoem?

 

Antwoord:

Anna Pavlova

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Gewigsverlies vir koolhidraat-liefhebbers

Koolhidrate soos aartappelskyfies en pasta is die grootste dieetsondaar. Gebruik ons wenke om verstandig daarop terug te sny

Close