×
Skakel na Engels

’n Vullende alles-in-een-hoenderresep vir die hele gesin

Maak aandete maklik met hierdie smaaklike hoendergereg!
Glad webvertorial

Glad het dit hul missie gemaak om besige ma’s oor die land heen te help wat heerlike en voedsame maaltye vir hul gesinne wil maak. Om aan die einde van ’n lang dag kos te maak kan ’n gedugte taak wees, maar met Glad Oven Bags kan jy in ’n japtrap heerlike maaltye in die oond maak.

Glad Oven Bags verseker dat al die smaaklike heilsaamheid en geur behoue bly sonder die olie of gemors sodat jy ’n heerlike gesinsmaaltyd kan voorsit. Behalwe dat die oondsakkies fantastiese geur verseker, is dit ook vir die mikrogolf geskik. Hierdie sakkies in in twee groottes beskikbaar: medium (250 mm x 400 mm) en groot (500 mm x 500 mm). Glad se mediumgrootte oondsakkies is ideaal vir hoender, vis of groente, terwyl die groot sakkies vir groter vleisstukke geskik is.

Glad - Oven bags

Is jy op soek na ’n lekker resep vir aandete vir jou gesin? Probeer hierdie heerlike een vir ’n alles-in-een-hoendergereg:

Alles-in-een-hoendergereg

Gaarmaaktyd: 55 tot 60 minute

Bestanddele

2 e meel 
1 pakkie uiesopmengsel 
1 k water 
3 middelslag-wortels 
2 middelslag-aartappels 
1 middelslag- groen soetrissie, in blokkies gesny
sout en peper, na smaak
6 hoenderstukke, vel verwyder 
gestoomde rys, vir opdiening

Metode

1. Voorverhit die oond tot 150 °C.

2. Skud die meel in ’n mediumgrootte Glad Oven Bag.

3. Plaas die oondsakkie in jou oondpan en plaas die operning aan die breë kant van die pan.

4. Meng die uiesop met water, giet die mengsel in die oondsakkie en druk die sak om die meel in te meng. 

5. Voeg die wortels, aartappels en groen soetrissie by en draai die oondsakkie om die bestanddele met die sous te bedek.

6. Geur met sout en peper en plaas die ses vellose hoenderstukke in die oondsakkie.

7. Maak die oondsakkie met ’n bindstrokie toe en maak drie tot vier gaatjies aan die bokant van die sakkie.

8. Trek die punte van die oondsakkie in die oondpan reguit.

9. Bak vir 55 tot 60 minute totdat die hoender sag en die vleissappe helder is.

10. Verwyder die Glad Oven Bag en sit die hoender met gestoomde rys voor.

Besoek www.glad.co.za vir nog inligting oor Glad-produkte of volg Glad South Africa op Facebook.

Hooffoto: iStock/Todor Tsvetkov

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 fantastiese gebruike vir bakpapier in die kombuis

Elke kombuis het dit nodig

Close