×
Skakel na Engels

’n Tuiniersgids tot snoei

GH se kunsdirekteur, Sarel Greyling, het die snoeiwerksessie by Babylonstoren bygewoon. Dít is wat hy geleer het

Waarom snoei ons?

1. Om vorm aan ’n boom te gee

2. Om dooie of siek takke te verwyder en ’n boom gesond te hou

3. Om nuwe groei vir toekomstige gehaltevrugte te stimuleer

Vir behoorlike groei moet jong vrugtebome vir optimale vrugdrag gevorm word. Dit is belangrik dat jong boompies behoorlik gestut word. Vrugdrag begin wanneer daar genoeg plantreserwes is. Verskillende bome begin op verskillende ouderdomme vrug dra. Dit neem byvoorbeeld vyf tot sewe jaar voordat appel- en peerbome vrug dra. Steenvrugte soos appelkose, perskes en pruime neem drie tot vyf jaar, en avokado’s neem sewe tot 12 jaar. Die gewone intervalle vir instandhouding is soos volg: bloeiselvorming, uitdunning, oes, snoei.

Wat het jy nodig?

1. Stewige leer

2. Gereedskapgordel

3. Snoeiskêr

4. Houtsaag

5. Steriseal (om groot boomwonde te seël nadat dit gesnoei is; dit word ook as ʼn steriliseerder gebruik)

Tydsberekening is alles

1. Wintersnoei sal groei stimuleer.

2. Bestuur vrugtebome se groeikrag gedurende die lente om bome sterker te maak.

3. Boompies behoort in die somer gevorm en gebuig te word.

Wat is verdwerging?

’n Gesnoeide boom sal altyd kleiner as ’n ongesnoeide boom van dieselfde ouderdom wees. Doeltreffende snoei vereis dat die tuinier verstaan hoe bome op tak- of lootverwydering reageer, en hoe toekomstige boomgroei deur daardie verwydering geraak sal word.

Snoei en vrugtebome

Snoei kan groei beheer, dooie of siek hout verwyder en die vorming van blomme en vrugtebloeisels stimuleer. Sommige vrugte soos bessies ontwikkel op nuwe groeisels, terwyl ander vrugte soos steenvrugte, moerbeie, persimmons, koejawels en druiwe op jong, oorwinterde groeisels vorm.

Sommige vrugte soos kwepers en Packham’s Triumph-pere hang aan die punte van takke, terwyl ander vrugte soos appels en pruime aan kort takkies (met baie ogies en die moontlikheid van baie vrugte) ontwikkel. 

Babylonstoren bied heeljaar lank verskeie tuinboukursusse aan. Dit sluit in:

The secret life of bees: 18 Oktober 2017

Herbs for health: 25 Oktober 2017

Growing summer salads: 8 November 2017

Building garden structures: 22 en 29 November

Indigenous succulents: 6 Desember 2017

Kliek hier vir meer inligting.

FOTOS: iStock/whiteorchid en Sarel Greyling

LEES OOK:

10 van die beste tuinplante wat min water vra

5 wonderlike tuinwenke wat jy gerus kan probeer

Maak jou tuin hondvriendelik

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief