×
Skakel na Engels

’n Tuiniersgids tot leibome

GH se kunsdirekteur, Sarel Greyling, het ’n leiboomwerksessie by Babylonstoren bygewoon. Dít is wat hy geleer het

Wat is ’n leiboom?

Leiboomvorming is die tuinboukundige en landboukundige praktyk waar houtagtige plantegroei ter wille van vrugproduksie beheer word. Takke word gesnoei en aan ’n raamwerk teen ’n struktuur soos ’n muur, heining of traliewerk vasgemaak, dikwels in formele patrone. Dit is in Europa ontwikkel om die groeiseisoen te verleng deur goeie posisies vir sonlig te selekteer.

Voordele

1. Om te verfraai.

2. Om die spasie in klein tuintjies ten beste te benut; om op produksie in plaas van groei te fokus.

3. Om dit makliker te maak om vrugte te pluk.

Leiboomstelsels

’n Jaar nadat ’n boompie geplant is, kan die stelsel waarop jy besluit het, in werking gestel word:

Hoe om ’n leiboom te vorm

1. Kies ’n goeie posisie vir jou vrugteboom en besluit op ’n vorm.

2. Beplan, meet en bou die struktuur.

3. Plant ’n jong boompie, verkieslik in die middel van die winter tydens die dormante stadium (Julie en Augustus).

4. Snoei in die winter om groei te stimuleer.

5. Snoei in die somer om die boom in vorm te hou.

6. Verwyder die vrugte gedurende die eerste paar jaar totdat die struktuur gevestig is.

Babylonstoren bied heeljaar lank verskeie tuinboukursusse aan. Dit sluit in:

The secret life of bees: 18 Oktober 2017

Herbs for health: 25 Oktober 2017

Growing summer salads: 8 November 2017

Building garden structures: 22 en 29 November 2017

Indigenous succulents: 6 Desember 2017

Kliek hier vir meer inligting.

FOTOS: iStock/martb en Sarel Greyling

LEES OOK:

10 van die beste tuinplante wat min water vra

Vrolik jou tuin op

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
’n Tuiniersgids tot enting

GH se kunsdirekteur, Sarel Greyling, het die entingswerksessie by Babylonstoren bygewoon. Dít is wat hy geleer het

Close